ANDRIES LOUW VERSLAG OOR KUNENE UITREIK

2017-06-30 – 2017-07-14

Gemeentelede van die Groote Kerk, Blouberstrand en Tableview het op 30 Junie uit Bloubergrant vertrek op ‘n lewensveranderende reis na Swartbooisdrift langs die Kunene om die plaaslike bevolking onder die vaandel van “Kunene for Christ” te gaan dien.

Twee van die drie voertuie
Twee van die drie voertuie

kunene-uitreik-2
Die uitreikspan by ons Kunene kampterrein

Na vier dae het ons by Swartbooisdrift aangekom en was binne daardie paar dae reeds ‘n hegte span wat na mekaar kon omsien en gereed om Jesus se omgee-liefde aan die hoofsaaklik Himba-bevolking te gaan uitdeel.

Die daaglikse roetine was soos volg:

Ons begin met Bybelstudie en breek op in twee-twee groepies om die studiestuk te bespreek. Dan vertrek die bussie na die plaaslike krale om die grootmense te bedien. Ons is dan net betyds terug vir middagete voor die bussie klokslag 13h00 stop voor die skool in Swartbooisdrift om ‘n opvoering van een van vanjaar se temas voor die kinders uit te voer. Vanjaar se tema was Ef. 5:22 – die vrug van die Gees.

kunene-uitreik-3
Besoek aan ‘n kraal

kunene-uitreik-4
Besoek aan die skool

Teen 15h00 stap almal af na die rivier waar diekinders alreeds reikhalsend wag op hul “oppassers”.  Reeds die eerste middag het die plaaslike kinders hul gunsteling maatjie uitgesoek en die res van die paar dae soos nete aan hulle geklou.  Elighle, een van ons uitreikers, het haar dadelik oor ‘n half blinde kindjie ontferm en dit was opmerklik hoe vrymoedig die ou kleintjie deur die paar dae van intense aandag geword het.

kunene-uitreik-5
Elighle en Niel met die blinde dogtertjie

Elighle en Niel met die blinde dogtertjie

 

Hoogtepunte was daar baie, maar een van die aandoenlikste oomblikke was toe die plaaslike hoofman wat destyds ingestem het dat “Kunene for Christ” die kampgrond kon bekom letterlik voor ons oudstes kom kniel het en ons geseën het.  Ons het ook ‘n terminal siek moeder besoek en dit was wonderlik om die vrede op haar gesig te lees toe sy na ‘n gebed die Here in haar lewe aanvaar het.

kunene-uitreik-6
Hoofman

kunene-uitreik-7
Terminaal siek moeder met ons tolk Bede links

kunene-uitreik-8
Cara kyk na die laaste sonsopkoms voor ons die lang tog na die Kaap aanpak

Cara kyk na die laaste sonsopkoms voor ons die lang tog na die Kaap aanpak

Ek wil graag langs hierdie weg dankie sê aan almal wat hul sakke geskud het om kinders te borg, beskuit gebak het vir die honger magies en ons sommer net in jul gebede gedra het.  Sonder ons Here se hulp sou ons nie die meer as 4 800km veilig kon aflê nie!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam