BAIE DANKIE !!

Ons het verlede jaar 160 kerspakkies vir bejaardes ingesamel.  Baie dankie aan almal wat hiermee gehelp het.  Daar is 112 pakkies na Monte Rosa gestuur en die res van die pakkies is na Ysterplaat gestuur.  Vir sommige mense was dit die enigste kersgeskenk en kerswense wat hulle ontvang het.  Hieronder is ook ‘n woord van dank wat ons van die bestuurder van Monte Rosa ontvang het.

Ons  bejaardes  by Monte Rosa was  werklik  baie  DANKBAAR  vir  die  Kerspakkies  wat  hulle  ontvang  het.

Almal  het  bevestig – “Net  wat  ons  nodig  het “

DANKIE  aan die  skenkers  van  hierdie  Kerspakkies – die  bejaardes  waardeer  dit  opreg !!

Hier volg ook ‘n dankiebriefie van ‘n inwoner:

 

To the Groote Kerk Family

Thank you so very much for thinking of us older folk at Monte Rosa at Christmas time.  I am sure all were blessed.

My dear husband of 65 years passed away just 5 days before Christmas, but I grieve not as do others who have no hope.  He loved the Lord and died in the Blessed Hope at the age of 91.  How blest we are.

Many thanks again for your thoughtfulness.

 

Personeel by Monte Rosa wat die inwoners toesig by die Kersete asook ‘n inwoner wat ‘n pakkie ontvang.

Personeel by Monte Rosa wat die inwoners toesig by die Kersete asook ‘n inwoner wat ‘n pakkie ontvang.

Ons het ook verlede jaar uit die Hoopfonds kospakkies uitgedeel, wat uit die Hoopfonds befonds is. Ons is werklik bevoorreg om hiervoor aansoek te doen en ‘n verskil in mense se lewens te maak, wat werklik nie weet waar die brood die volgende dag vandaan sal kom nie. Hier volg ‘n paar briefies van dankbare mense.

To the Church, Thank you very much for the food parcel – it is much appreciated in these hard times.  Thank you again.

~~~

Ek wil wil julle bedank vir die wonder gawe van onse Vader.  Ek waardeer alles wat uit die harte van almal kom.  God seën julle vir wat julle vir my gedoen het.

~~~

Met die ontvangs van die geskenkpak het ek regtig die liefde ervaar waarmee dit aan my geskenk is.  Dit was ‘n wonderlike gebaar en ek beskou di took as ‘n geskenk van ons Hemelse Vader.  Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

~~~

Wees verseker van my innige dank en waardering vir die geskenk van u ontvang.  Dit kom met groot dankbaarheid uit die diepte van my hart.  Dankie dat u omgee en uitreik na ons bejaardes en so ons harte bly maak in hierdie Kersgety.  Mag die Here die goeie werk in u gemeente ryklik seën.

~~~

Baie, Baie dankie vir die geskenk wat ek ontvang het!  Ek sukkel baie om my huur te betaal en ek het min geld oor vir kossies.  Ek waardeer dit baie!

 

Baie dankie aan almal wat gehelp het met die uitdeel en aflewering van die pakkies.  Elke gebaar van liefde hoe klein ook al, maak ‘n verskil in iemand se lewe.

screenshot.26

Ons bakkie gelaai met kospakkies reg vir aflewering

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam