Erediens in Noordhoek

DATUMS JANUARIE/FEBRUARIE 2019:

16 Januarie:  Hartklopbraai en verwelkomingsfees om 18:30 te Kloofstraat 55.  Bring eie vleis en drinkgoed en kom kuier saam!

27 Januarie:  Nagmaal by al die bedieningspunte

1 – 3 Februarie – Hartklopkamp by Noordhoek – ‘n naweek van saam lag, kuier, speel, eet dink, droom, braai, swem … en dit alles tussen die bome.  Wat kan lekkerder wees?  Begin 2019 op ‘n gesellig noot!

 

EREDIENS NOORDHOEK  - Sondag 3 Februarie

Almal word hartlik uitgenooi na die erediens wat by Noordhoek Kampterrein gehou sal word op Sondag 3 Februarie om 10:00.

Bring jou gesin, familie en vriende en ‘n piekniekmandjie saam sodat ons lekker saam kan kuier na afloop van die diens.  Daar sal geleentheid wees vir lofprysing, ‘n boodskap en ons sal nagmaal saam vier.

Daar is braaivleisgeriewe indien jy lus is om ‘n vleisie op die kole te gooi.  Onthou net om hout saam te bring.

Die swembad is vanjaar weer in gebruik, so onthou om jou swembroek in te pak.  Daar is genoeg plek om ook bal- en ander speletjies te speel vir diegene wat nie lus het om te swem nie.  Bring gerus die kinders om ‘n heerlike ontspan-dag te geniet.

Daar sal geen erediens om 10:00 wees by Kamspbaai nie en ook nie om 19:00 by Hartklop nie.  Die erediens by Groote Kerk sal steeds om 10:00 plaasvind.

Vir diegene wat nie weet hoe om by die kampterrein uit te kom nie.  Die terrein is reg oorkant die Noordhoek Farm Village geleë in Villagelaan, Noordhoek.

Sien julle daar!

 

noordhoek-map

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam