First Thursdays

First Thursdays

First Thursdays is gratis en oop vir die publiek om by te woon. Kunsgalerye en kultuur-aanbiedinge in die Stad is oop tot 21:00 op die eerste Donderdag van die maand. Dit laat enige iemand toe om van die Stad se kultuurskatte te voet te beleef. Daar bestaan nie ‘n toer, begeleide stap nie. Jy kan die aand inrig soos jy verkies. Vir meer inligting gaan na: www.first-thursdays.co.za/participants/groote-kerk-dutch-reformed-church

Die program by die Groote Kerk vir 2019 is soos volg:
7 Maart – SACS Jazz Band
4 April – Finse mannekoor
2 Mei – Laerskool koorfees
6 Junie – Orrelspel deur Zorada Temmingh
4 Julie – Camerata Tinta Barocca
1 Aug – Beville Hoër Simfoniese Blaasorkes en koor
5 Sept – Hoërskool vokale ensemble kompetisie
3 Okt – Program nog nie vasgemaak
7 Nov – Orrelspel deur Roucher du Toit
2 Des – Kersverse: 9 Fragmente


Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam