Groote Kerk Nuusbrief

DRY BONES COMING TO LIFE

Dit is nou al net oor ‘n jaar wat ek die voorreg het om Libanon my tweede huis te noem. Met die terugkyk, was dit beslis ‘n jaar van kapasiteit groei in alle moontlike opsigte, maar soos iemand baie wys eenkeer met my gedeel het, “Geen groei kan plaasvind sonder die groei pyne of rek merke nie.”.

‘n Proses waarvoor ek ewig dankbaar is.

Op die oomblik bevind ek myself op ‘n plek waar ek diep bewus is van God se teenwoordigheid as ook my eie kwesbaarheid en gebrokenheid. Die vallei waarvan Esegiël praat vol droë bene, maar dit is net die begin. Die lewe saam met die vlugtelinge herinner my aan die volgende liedjie van Lauren Daigle wat se,

“Through the eyes of men it seems there’s so much we have lost

As we look down the road where all the prodigals have walked

One by one the enemy has whispered lies

And led them off as slaves

But we know that you are God, Yours is the victory

We know there is more to come

That we may not yet see

So with the faith you’ve given us

We’ll step into the valley unafraid, yeah

As we call out to dry bones come alive, come alive

We call out to dead hearts come alive, come alive

Up out of the ashes let us see an army rise

We call out dry bones, come alive

God of endless mercy, God of unrelenting love

Rescue every daughter bring us back the wayward son

And by your spirit breathe upon them show the world that you alone can save

You alone can save!”

Net soos sy in die liedjie beskryf, het ons die voorreg om in Libanon te sien hoe droë bene besig is om lewendig te word! Hoe God besig is om ruach in hulle in te blaas. Hoe ‘n weermag van Koninkryk soldate bymekaar kom en besluit om te midde van die wêreld se soldate en oorlog hulle wapenrusting van God aan te trek. Wanneer ons al die statistieke lees van oor die miljoen Siriese vlugtelinge in die (dit sluit nie die ongeregistreerde, Iraki of Palestyne in nie), dan kan ‘n mens moedeloos raak en vra hoe of waar. Miskien gaan dit nie soveel oor hierdie vra nie, maar eerder om te se “Hier is ek. Gebruik my Here”. Die grootste onreg wat ons as gelowiges wel kan doen is om nie op een of ander vlak betrokke te raak nie. Dit is die wonderlikste voorreg wat God vir ons gee – om tydens die oestyd te hardloop saam met die Koninkryk!

 

 

WAARMEE IS ONS TANS BESIG?

Op die oomblik is ek in ‘n oorgangstydperk en sluit binnekort by ‘n nuwe bediening (Youth at Service NGO) aan in Libanon. Een van ons hoof projekte is ‘n kerk en kinderhuis vir die vlugtelinge, weeskinders en weerlose. Wat hierdie projek ekstra spesiaal maak is dat dit ook ‘n veilige hawe sal wees vir die Druze-gelowige wat tot bekering kom aangesien baie van hulle vervolg word in hulle eie gemeenskappe. Die grond is gekoop deur die kerk en fondse word tans ingesamel om die grond te bewerk en te begin bou. Daar sal ‘n kerk gebou opgerig word met ‘n eetsaal en hulle kyk na 50 ‘bungalows’. Dit is hartroerend om te sien hoe die Here voorsien en maak ons opgewonde om te weet dat God die deure op die regte tyd sal oopmaak.

GETUIENIS

Verlede week het ek die voorreg gehad om saam met ‘n span van Suid-Afrika verskillende bedienings te besoek. Een van hierdie besoeke het my hart snare geroer… Ons het in die vlugtelingkamp ingestap met ‘n klomp kinders wat aan ons voete hang. Met die skaterlag vanuit klein lyfies voel ek hoe Jesus saam met ons stap… Tyd vir ons eerste besoek in die tent – min wetend wie ons gaan ontmoet… Een van die spanlede skryf die volgende:

“As we walked into another tent, we noticed the two frail bodies of a young five-year-old girl and her younger brother, about four years old. They were both physically and mentally handicapped and lay motionless in the arms of a loving mother, a displaced Syrian from a war-torn village near Aleppo. The picture in front of us was imperfect in every sense of the word. The father has been killed, medicine is unavailable, food is scarce, living conditions are atrocious, especially in the brutal icy winter-weather, and hope for a better future is non- existent. The only comfort was a caring grandmother who fled Aleppo with the mother. And yet, looking beyond the hopelessness of the circumstances and the disabilities of the two children,

we saw the perfect reflection of an imperfect Christ.

The two children gazed into a nothingness, smiling as though they were beholding an angel, or maybe even the imperfect scar-ridden body of the Lord Himself.

Our hearts broke, our spirits rejoiced.

We realised anew the sin of seeking Christ only in perfection. Only in healing, only in release, only in success and only in when God satisfies our needs. Unknowingly, in our quest for a perfect faith, we have created an image of a perfectly-restored, victoriously-crowned resurrected Christ that erased the scars of redemption and replaced it with an easy-to-worship God who ticked all our boxes of what a God should look like.

The imperfection of a scar-ridden resurrected Christ (John 20:20) was so evident on the faces of the two children and again we had an encounter with the living God.”

– Mike Burnard

53897001_326814524858322_4956435243616698368_n

 

GEBEDSVERSOEKE

  1. Mag die Here die oorgangstydperk seën – die einde van een hoofstuk en begin van ‘n nuwe een.
  2. Fondse vir die nuwe projek sodat hulle die land kan begin verwerk en bou.
  3. Fondse vir die twee kindertjies – hulle benodig medikasie, doeke en ons kyk na twee stootwaentjies sodat hulle die buitelig kan geniet.
  4. Vir ‘n persoonlike gebed ondersteuning groep wat bereid is om saam met my die pad te stap.
  5. Vir ‘n veilige reis teug Suid-Afrika toe einde Maart – bid asseblief vir ‘n gesonde tyd van rus.
  6. Hou aan bid vir Sirië en Libanon – die Here is besig om elke gebed versoek te antwoord.

 

Indien enige iemand op een of ander manier belangstel om betrokke te raak asseblief laat weet my gerus.

Epos: madeleinmg1@gmail.com

Whatsapp Nommer: +27 81 259 5638

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam