Kaap van Storms

Die Here het ons geseën met wonderlike geriewe in ons gemeente. Ons moet voortdurend bly vra hoe hierdie geriewe, geboue en toerusting tot diens is daarvan om God se Koninkryk sigbaar en tasbaar te maak.
Dinsdag en Woensdag was ons gekonfronteer met die aanslag van ‘n hewige storm en terselftertyd met die vraag oor hoe ons verantwoordelik en geloofsoortuigend gehoor gee aan die oproep om hulp en bystand. 
Ons het gevolglik onmiddelik ons geriewe by Kloofstraat 55 beskikbaar gestel aan rampbestuur van die Stad Kaapstad.
Nie lank daarna nie het die foon begin lui met mense wat versoeke om skuiling vir haweloses gehad het vir die twee nagte.
Ons het Dinsdagnag 9 gaste en Woensdagnag 36 gaste hartlik ontvang by ons saal in Kloofstraat 55.
Ons gemeente het wonderlik gereageer en 20 vrywilligers het deur die nag om die beurt by die saal diens gedoen. Daar is ook kos gemaak en klere en komberse gebring. Ons het heerlik saam met ons gaste om die tafel gesit en eet en gesels. ‘n Warm ervaring vir alle partye betrokke.
Dankie aan elkeen wat wat hul tyd en gerief opgeoffer het om liefde en medemenslikheid te vier.
In die woorde van ons gaste – ‘God seën julle’ 

Riaan

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam