KERMIS 2019

Jy kan solank jou tande slyp vir al die tradisionele lekkernye soos potjiekos, worsrolle, brekfisrolle met spek en eier, lekkergoed, koeke, klein koekies, brode, beskuit, pannekoek, poeding, en vrugte, ingemaakte vrugte en konfyte ens. Jy sal beslis nie teleurgestel word nie!

 

kermis-foto-1

Wors- en sosatiebraaiers aan die werk!

kermis-foto-2

Brekfisrolmeester en sy span aan die werk!
 
 

 Daar word ook nie van die kinders vergeet nie en in die beplanning is ook hope pret vir hulle, so bring die kinders vir ‘n heerlike dag van pret!

kermis-foto-3

kermis-foto-4

 

HELP ONS ASSEBLIEF MET DIE VOLGENDE:

Witolifante: Bring gerus vir ons die goed waarvoor jy nie meer nut het nie en nog heel is. By hierdie tafel kry iets waarvoor jy nie meer ‘n gebruik het nie, ‘n nuwe baas. Kyk na die foto regs onder, hoe lekker word daar by die witolifanttafel gekoop.

 

kermis-foto-5
Boeke: Ons benodig ook goeie tweede handse boeke vir die boeketafel, sodat die boekwurms onder ons weer hul voorraad kan aanvul.

 

kermis-foto-6

 

Al die bakkers: Tuisgebakte koeke, terte, koekies, beskuit, brode en lekkers is altyd gesog en vlieg van die tafels af. Ons doen ‘n beroep op al die bakkers in die gemeente om iets te maak, want daar is mos niks wat kom by lekker tuisgebak nie. Indien jy nie kan bak nie kan jy dalk poeding maak vir die poedingtafel of sommer net help met verkope by die onderskeie tafels.

 

kermis-foto-7

 

Potjiemakers: Ons soek nog mense om potjiekos te maak. Ons het altyd ‘n heerlike verskeidenheid potjies: wild, hoender, skaap en bees. Kom sluit by hulle aan en laat almal proe aan jou spesialiteitspotjie!

Cobus Loubser is die man in beheer van die potjiemakers. Skakel hom by 0828846874 indien jy ‘n potjie wil maak.

 

kermis-foto-8
Kontak: Kerkraadslede is reeds besig om lidmate te kontak om hulle formeel na die kermis uit te nooi. Alle wyke het egter nie op die oomblik ‘n kerkraadslid nie. Indien daar dalk nie iemand by jou ‘n draai maak voor die einde van September nie, sal ons dit waardeer indien jy vir Leonie (021 4220569) sal skakel om te laat weet waar en hoe jy betrokke wil wees of dalk ‘n blink nuwe idee het.

Indien jy ‘n kontantbydrae wil maak kan jy dit by die volgende rekening inbetaal met die verwysing ‘kermis’: NG Gemeente Kaapstad , ABSA, Tak: 312109, Rek no 360 580 032.

Kom eet lekker basaarpoeding, potjiekos, boereworsrolle en pannekoek en vele meer. Sien jou die 12de Oktober. Moenie die dag misloop nie!

kermis-foto-9
Groete

Kermis-span

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam