KERSPAKKIES VIR BEJAARDES

Ons samel elke jaar kerspakkies in vir die bejaardes by Monte Rosa, maar in die afgelope jare ook vir Ysterplaat en Maitland.  So wil ons graag aan die bejaardes wat dikwels maar net ‘n staatspensioen ontvang, wys dat daar tog mense is wat omgee en met die klein gebaar ook iets wys van God se omgee in die wêreld.  Ons wil hierdie jaar weer kerspakkies vir die bejaardes insamel en vra dat jy asb hieraan sal deelneem om so ‘n verskil in iemand se lewe te maak.

 

Koop asb gekleurde Woolworths inkopiesak  (ongeveer R19) en vul dit met die volgende items en besorg dit asb teen 10 Desember by die kerkkantoor of een van die bedieningspunte:

Beskuit (hoef nie tuisgebak te wees nie)

1 waslap

1 X 500 ml houer aqueous cream

1 pakkie koekies (enige soort)

1 pakkie suikervrugtelekkers, droë vrugte of iets soortgelyk

Opsioneel:  ‘n item van eie keuse (nie-bederfbaar).  Dit kan nog eetgoed wees of ‘n tydskrif, tandepasta en tandeborsel, inkleurboek en potlode vir volwassenes, blokraaiselboek, ens.

‘n Kerskaartjie:  Skryf bv binne:  van ‘n gemeentelid of voeg jou naam by as jy wil.  Jy kan ook ‘n spesiale boodskappie binne skryf indien jy so voel.

Indien jy nie kan deelneem aan die kerspakkies vir bejaardes nie en steeds ‘n bydrae wil maak, is jy welkom om by te dra deur kontant in ‘n koevert te plaas met kerspakkie daarop geskryf en dit in die kollektebord by die Groote Kerk of Kampsbaai-wykskerk te plaas.  Jy kan ‘n elektroniese oorplasing maak by:  NG Kerk Kaapstad, ABSA, tak 312109, rek no 360 580 032 met die verwysing Kerspakkie daarby.

Die datums vir die verskillende Kerssangdienste is vanjaar soos volg:

Groote Kerk – 25 November 2018 om 17:00

Kampsbaai – 2 Desember 2018 om 18:00.

 

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam