KOSPAKKIES BRING VREUGDE

Elke jaar  probeer ons vir ‘n paar mense wat werklik nie genoeg het om te eet nie, ‘n pakkie saamstel sodat hulle gedurende die kersseisoen ook deel kan hê aan die hierdie besondere tyd wanneer almal tyd saam met familie en vriende geniet en feesvier.

Hieronder staan James, een van die werkers by Groote Kerk, saam met Ammorette van die ACVV Maitland by van die pakkies wat sy aan sekere geïdentifeerde families en enkellopendes sal uitdeel.

kerpakkies-bring-vreugde-groote-kerk-1

 

Hieronder staan die pakkies in Maitland Gemeenskapskerk se konsistorie, gereed vir verspreiding.

kerpakkies-bring-vreugde-groote-kerk-2

 

Dankie aan die Hoopfondse vir die fondse wat hiervoor beskikbaar gestel is.  Die dankbaarheid is groot, maak ‘n reuse verskil in die mense se lewens en is ‘n kragtige getuienis oor Christus se liefde en genade.

Hieronder is ‘n briefie van dank wat van een van die ontvangers van die pakkies ontvang is.

kerpakkies-bring-vreugde-groote-kerk-3

 

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam