MAAK ‘N BEJAARDE BLY HIERDIE KERSFEES

Ons samel elke jaar kerspakkies in vir die bejaardes by Monte Rosa, maar in die afgelope jare ook vir Ysterplaat en Maitland.  So wil ons graag aan die bejaardes wat dikwels maar net ‘n staatspensioen ontvang, wys dat daar tog mense is wat omgee en met die klein gebaar ook iets wys van God se omgee in die wêreld.  Ons wil hierdie jaar weer kerspakkies vir die bejaardes insamel en vra dat jy asb hieraan sal deelneem om so ‘n verskil in iemand se lewe te maak. 
 
Daar is briefies by die verskillende bedieningspunte beskikbaar, wat tydens die kollekte uitgedeel sal word.  Ons vra dat jy slegs ‘n briefie sal neem indien jy bereid is om ‘n pakkie te skenk en indien jy bereid is om meer as een pakkie te maak, neem jy soveel briefies as waarvoor jy kans sien.  Die aantal briefies wat geneem is, is vir ons dan ‘n aanduiding hoeveel pakkies ons gaan ontvang. 
 
Koop asb gekleurde Woolworths inkopiesak (ongeveer R25) en vul dit met die volgende items en besorg dit asb teen 10 Desember by die kerkkantoor of een van die bedieningspunte:
 
Beskuit (hoef nie tuisgebak te wees nie)
1 waslap
1 X 500 ml houer aqueous cream
1 pakkie koekies (enige soort)
1 pakkie suikervrugtelekkers, droë vrugte of iets soortgelyk
Opsioneel:  ‘n item van eie keuse (nie-bederfbaar).  Dit kan nog eetgoed wees of ‘n tydskrif, tandepasta en tandeborsel, inkleurboek en potlode vir volwassenes, blokraaiselboek, ens.
‘n Kerskaartjie:  Skryf bv binne:  van ‘n gemeentelid of voeg jou naam by as jy wil.  Jy kan ook ‘n spesiale boodskappie binne skryf indien jy so voel.
 
Indien jy nie kan deelneem aan die kerspakkies vir bejaardes nie en steeds ‘n bydrae wil maak, is jy welkom om by te dra deur kontant in ‘n koevert te plaas met kerspakkie daarop geskryf en dit in die kollektebord by die Groote Kerk of Kampsbaai-wykskerk te plaas.  Jy kan ‘n elektroniese oorplasing maak by: 
NG Kerk Kaapstad, ABSA, tak 312109, rek no 360 580 032 met die verwysing Kerspakkie daarby.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam