NEDERLANDSE ORRELIS TREE OP IN GROOT KERK

Die Nederlandse orrelis, Minne Veldman, sal op Vrydag 3 Mei 2019 om 19:00 in die Groote Kerk optree.

Hy hou gemiddeld 50 orrelkonserte gedurende die jaar en is ‘n gesogte konsertorrelis.

Hy vier tans sy 25-jarige jubileum as orrelis met ‘n jubileumtoer en tree oa vanjaar in die Martinikerk te Groningen, die Grote of Sint Laurenskerk in Rotterdam en die Evangelisch Lutherse kerk in Den Haag op.  As deel van die toer tree hy ook in Suid-Afrika op  in Pretoria, Port Elizabeth, Stellenbosch, Durbanville en by ons in die Groote Kerk op.

Indien jy meer inligting wil bekom, kan jy die webtuiste:  www.orgelconcertenminnneveldman.nl besoek.

Kaartjies vir die orreluitvoering sal te koop wees by die deure teen R80 pp en R50 vir studente en pensionarisse.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam