Hoop Projekte 2017

Hoop Projekte 2017

Indien jy dalk ‘n projek in gedagte het, kan jy vir Leonie skakel vir ‘n vorm of by die bedieningspunte ‘n vorm neem. Projekte kan groot of klein wees, aksie en gemeentebetrokkeheid is ‘n vereiste, projekte moet verkieslik uit ons gemeente kom, in ons gemeenskap dien en terugvoer word verwag.

Dit is ‘n nuwe jaar met nuwe uitdagings! Ons wil graag ‘n liefdesgemeenskap wees wat dien – help ons hiermee.

Die Kerkraad het ‘n bedrag van R1 miljoen bewillig vir projekte van diens in 2016.

Alle kollektes en dankoffers wat die gemeente hierdie jaar insamel sal direk aangewend word vir liefdesdiens en die bevordering van God se koninkryk. Gemeentelede kan projekte wat hulle voel die Here op hul hart plaas aanpak met finansiële hulp sowel as die ondersteuning van vrywilligers in die gemeente.

Doen aansoek vir ‘n deel van die R1 miljoen wat bewillig is vir diens projekte in 2016.

Aansoekvorm kan hier afgelaai word

IT’S AMAZING!

IT’S AMAZING! ZT

Liewe Kerkraad en almal by die Groote Kerk,

Baie dankie vir julle ondersteuning die afgelope twee jaar vir It’s Amazing! ZT. Die fondse is aangewend vir die Babbelbekkies (ons informele speelgroepies – ongeveer 42 kinders is daarby betrokke, in 3 verskillende klassies). Dit is ook gebruik om vir die kinders ontbyt, broodjies vir skool, asook aandete te gee (ongeveer 30 kinders kom in die oggend en 40 in die aand).

Ek volg statistieke om vir julle ‘n beter idee te gee van die omvang van die werksaamhede.
November 2016 Statistieke:
Bywoning van programme (Badsberg Close en Olivia Court, Heideveld)
Babbelbekkies

1. Babbelbekkies Badsberg Close: 15
2. Babbelbekkies Sneeuberg Road: 12
3. Babbelbekkies Olivia Court: 14

Teenage support groups
1. Monique Teenage Girls’ support group: 15
2. Peacemakers Teenage Boys’ support group: 14

Dinsdag naskool programme
1. Badsberg Close: tussen 50 en 60 kinders
2. Olivia Court: tussen 25 en 30 kinders

Woensdag Kids’ Club (dit wissel na gelang van buitemuurse aktiwiteite en sport by die skool):
1. Badsberg Close

Oulike ekke (3-6 jaar): 29
Stars (7-9 jaar): 23
Little Angels (10-11 jaar): 19
New feelings (12+): 11
Total: 82
2. Olivia Court

Klas 1: 15 kleintjies (6+ jaar)
Klas 2: 12 grotes (9+ jaar)
Maandag en Donderdag Geletterdheidsklasse
1. Olivia Court

Jonger kinders: 10
Ouers kinders: 11
Badsberg Close: 136 verskillende kinders word bereik
Olivia Court: 64 verskillende kinders word bereik
Kosvoorsiening
Badsberg Close:

1. Elke oggend pap en broodjie en vrug vir skool: tussen 25 en 30 kinders
2. Babbelbekkies (elke oggend): pap en vrugte
3. Dinsdagmiddae (sop en broodjies): tussen 45 en 50 kinders
4. Woensdagmiddae (toebroodjies en vrug): 80+ kinders
5. Ma, Do, Vry Aandete: tussen 35 en 40 kinders
6. Maandagmiddae Peacemakers (toebroodjies en vrug): 14
7. Dinsdagaande Monique (ietsie te ete en hot chocolate) : 15

IT’S AMAZING!

Olivia Court:
1. Babbelbekkies (4 dae per week) : pap en vrugte: 14 kinders
2. Dinsdagmiddae (sop en toebroodjies): 25 kinders
3. Woensdagmiddae (toebroodjies en vrug): 30
4. Ma, Do geletterdheidsklasse (toebroodjie en vrug): 25

Ons het ook ‘n splinternuwe webblad: www.itsamazing.org.za
Gaan loer gerus daar. Ons is ook aktief op Facebook – It’s Amazing! ZT.

Ons het fondse baie nodig vir die instandhouding van die verskillende programme en voedselvoorsiening. Ons is ook op die punt om uit te brei na ander areas: Hanover Park, Bishop Lavis en Gugulethu en indien alles volgens plan verloop, sal ons alreeds in Februarie 2017 in Gugulethu kan begin.

Kom kuier gerus vir ons in Heideveld en ontdek die Kaapse Vlakte deur die oë van die inwoners.

IT’S AMAZING!

Meer detail daaroor op die webblad.

Groete en seënwense

Lisa Truter
Programbestuurder: It’s Amazing! ZT

IT’S AMAZING!

KERSFEESKOSPAKKIES 2016

Ons het verlede jaar uit die Hoopfonds kospakkies uitgedeel, wat uit die Hoopfonds befonds is. Ons gemeente is werklik bevoorreg om toegang tot hierdie fondse te verkry en aan te wend ‘n verskil in mense se lewens te maak, wat werklik nie weet waar die brood die volgende dag vandaan sal kom nie. Hier volg ‘n paar briefies van dankbare mense.

To the Church, Thank you very much for the food parcel – it is much appreciated in these hard times. Thank you again.
~~~
Ek wil wil julle bedank vir die wonder gawe van onse Vader. Ek waardeer alles wat uit die harte van almal kom. God seën julle vir wat julle vir my gedoen het.
~~~
Met die ontvangs van die geskenkpak het ek regtig die liefde ervaar waarmee dit aan my geskenk is. Dit was ‘n wonderlike gebaar en ek beskou di took as ‘n geskenk van ons Hemelse Vader. Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.
~~~
Wees verseker van my innige dank en waardering vir die geskenk van u ontvang. Dit kom met groot dankbaarheid uit die diepte van my hart. Dankie dat u omgee en uitreik na ons bejaardes en so ons harte bly maak in hierdie Kersgety. Mag die Here die goeie werk in u gemeente ryklik seën.
Baie, Baie dankie vir die geskenk wat ek ontvang het! Ek sukkel baie om my huur te betaal en ek het min geld oor vir kossies. Ek waardeer dit baie!

Baie dankie aan almal wat gehelp het met die uitdeel en aflewering van die pakkies. Elke gebaar van liefde hoe klein ook al, maak ‘n verskil in iemand se lewe.

IT’S AMAZING!

NUWE VLOERBEDEKKING VIR MONTE ROSA-SAAL

Die foto wys die pragtige nuwe vloerbedekking wat by Monte Rosa se saal geïnstalleer is gedurende November 2016. Die fondse is uit die Hoopfondse bewillig. Die vloerbedekking is maklik om skoon te maak en maak ‘n groot verskil wat die voorkoms van die saal betref.

Baie dankie vir die fondse wat gesorg het vir groot vreugde vanaf inwoners en bejaardes.

Hoop projekte tydens 2016

Jan van Riebeeck besoek

Laerskool Jan van Riebeeck ontvang besoek

Daar was groot opgewondenheid op Maandag 26 September 2016, toe Ruyterwacht Voorbereidingskool met 2 busse, 85 kinders, 4 onderwyseresse en 2 ouers stad toe ry, om by ons Jan van Riebeeck Laerskool te kom optree.

Ruyterwacht Voorbereidingskool spog met ‘n op en wakker musiekdepartement en verkry uitstekende Eisteddfod prestasies.
Hul koor, Orff orkes en blokfluit ensemble het by Jan v Riebeeck laerskool kom optree. Laasgenoemde se kore het ook by die geleentheid gesing.

Jan van Riebeeck besoek

Monte Rosa se bejaardes het ook die konsert bygewoon en dit terdeë geniet om die jong kinders te hoor sing en musiek maak.

Ons kerk het Ruyterwacht se kinders met MacDonalds kospakkies geborg en hulle kon heerlik in die Tuine gaan eet. Dit was vir hul ‘n onvergeetlike ervaring.

Jan van Riebeeck besoek

Ons sê baie dankie vir ons kerk se hoopfonds wat voorsien het dat die kinders so bederf kon word!

Nicolene van Rooyen

vrouebiddag-2016

Wêreldbiddag vir Vroue 2016

Tema: Laat die Kindertjies na My toe kom. ( Markus 10: 14)
Wêreldbiddag vir vroue is altyd die 1ste Vrydag in Maart.
Ons het vanjaar die 86ste biddag gehou en die tema en program is deur die vroue van Kuba gekies en saamgestel.
Ons was bevoorreg om Lisa Truter van Straatwerk as spreker te hê.

Jan van Riebeeck hoërskool se dogters en damespersoneel het weer vanjaar saam met ons gemeente vroue kom aanbid. Hul leierspan o.l.v me Huibrecht Steyn, het gehelp met die reëlings.
Met vlegsels en gekleurde rompies het hulle die voorstelling en gebedsonderwerpe van Kuba se vroue uitstekend aangebied.

Ons het die oggenddiens met lofpysing begin. Nicolene van Rooyen, Ruthette du Toit en 3 hoërskool dogters het dit gelei met klavier, fluit en sang. Caitlin Hartog (gr 3) het met haar engelstem ‘n gebed gesing, waarna almal kon ervaar ons staan op heilige grond voor die Here.
Lisa het video insetsels gewys van meisies wat verlos is uit hul donker lewe van dwelms en seksuele bedrywighede. Die verhaal van Bianca het almal se harte geraak. Net soos Jesus die kinders nader roep, moet ons ook uitreik na randfigure, mense wat nie ‘n stem het nie. Ons kan maar net ‘n hand uitsteek na mense binne ons bereik – doen goed aan ander. As jou ‘intentions’(bedoelings) goed is, sal die Here dit seën.
Die dogters het die gebedsonderwerpe hanteer en ons het almal saam gekniel om vir ons land in te tree.

Die matrieks het elkeen ‘n pink helium ballon geneem. Daarop kon hul iets kon skryf wat hul geraak het – hoe hul die Here se liefde gaan uitleef.
Daar was malvalekkers vir padkos en almal het stokkielekkers met die teksvers saamgeneem, om aan iemand anders te gaan uitdeel.

Ons is dankbaar die Here het die geleentheid geseën.
(‘n Gr 8 dogter het spesiaal kom sê dat dit baie inspirerend was.)

vrouebiddag_2-2016Getuienis:
Ek het ook ‘n ballon gekry, wat een van die matrieks om my pols vasgemaak het.
Ek het gevoel ek wil by Rinnie Bezuidenhout in die hospitaal ‘n draai gaan maak.
(Sy het 5jaar terug veral vir my baie beteken toe ons nuut en vreemd in die Kaap was. Sy het my elke maand kom oplaai en na die Oranjezicht vrouetee saamgeneem. So kon ek die voorreg hê om vroue in ons omgewing te leer ken en ook sommer sien waar almal bly.)
Ek skryf op die ballon “Dankie Rinnie” – “Jesus loves you” (sodat almal wat by haar kom, kan verstaan) en maak die ballon aan haar hospitaalbed vas.
Ek het vir haar gesê sy moet kyk na die ballon en weet dat die Here hier by haar is.
Ons kon saam huil en al kon sy nie meer praat nie, het ek haar sag hoor sê; “sê dankie”.
Dit was ‘n spesiale oomblik. Sy was ‘n baie besondere gemeentelid en ons sal haar altyd onthou as iemand wat ‘n positiewe bydrae gelewer het en haar passie diensbaar uitgeleef het.
Die tee na kerk en die wit Olifanttafel sal nooit meer dieselfde wees sonder haar nie!
- Dankie Rinnie!

Nicolene van Rooyen.

 

REDENAARSKOMPETISIE

REDENAARSKOMPETISIE

Hieronder ‘n brief van Laura Cecchi na aanleiding van ‘n redenaarskompetisie wat by Villiersdorp Sekondêre Skool gehou is en uit die Hoopfonds befonds is.

Hiermee wil ons baie baie dankie sê vir die bedrag van R1,000 aan Villiersdorp Sekondêre Skool vir ons redenaarsaand. Dit was ‘n groot sukses en u het aan ons leerders die geleentheid gegee om vir die eerste keer voor ‘n gehoor te praat. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Ons kyk daarna om hulle na ‘n JSE maatskappy se korporatiewe sosiale verantwoordelikheid redenaarskursus te stuur waar hul vaardighede verder kan slyp.

Anina en Willem was puik beoordelaars en het as inspirasie gedien vir ons leerders omdat die meeste van hulle uit moeilike omstandighede kom en dikwels weer dieselfde pad as hul ouers loop en dit is om in die boorde van appelplase te gaan werk. Ons wil so graag hê dat hul ‘n beter lewe vir hulself moet skep as die van hul ouers. Die redenaars kompetisies help hulle om vir hulself te dink en keuses te maak.

- ‘n Ma van ons skool, Fertema Matoaone, wat gratis die skoolllied geskryf het (ja die skool het nie een gehad nie) en die koor afrig. Sy werk vir die departement van Kuns en Kultuur en ontvang R3 000 ‘n maand en sorg dan vir haar gestremde man en drie kinders. Sy is ‘n groot inspirasie vir ons skoolkinders ten spyte van haar moeilike omstandighede. Ek het die oorblywende R250 vir haar gegee.

Weereens baie baie dankie vir u bydrae. Dit het soveel vreugde gebring en ons waardeer dit verskriklik baie!

Groete,

Laura Cecchi

‘n Mening van een van die beoordelaars: Die betrokkenheid by die redenaarsaand het my weer laat besef dat die konstruksie van ons samelewing in Suid-Afrika deurlopend arm swart- en kleurling mense te na kom. Dit is elkeen van ons se plig om die gemeenskappe wat deur apartheid benadeel is [en tans deur die nuwe bedeling perpetueer word] by te staan deur hulle te help om die regte vaardighede te bekom om selfstandige lede van die Suid-Afrikaanse samelewing te word. In die proses sal hul menswaardigheid ook aan hul terugversorg word wat so lank van hul verneem is.

Hoop projekte tydens 2015

rolstoel

STAP

Vanjaar was dit die tiende geleentheid wat die STAP plaasgevind het – en die tweede keer dat Groote Kerk Kaapstad deel daarvan was! Dit is ‘n inisiatief van die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit wat deur Emiritus Aartsbiskop Desmund Tutu gestig is. Die tema vanjaar was: Kaapstad – ons versoenende stad.

Sprekers wat opgetree het was oa Oud-Regter Essa Moosa, Rabbi Osher Feltman, Me Cheryl Ozinsky, Mohammad Groenewald en Terry Lester. Ons het om 09h00 by die Katedraal begin, daar kortliks na sprekers geluister en van daar af na die Gardens Shul (sinagoge) beweeg. Hierdie Joodse Geloofsgemeenskap is vanjaar 175 jaar oud. Op pad daarheen het ons paaie gekruis – gelukkig nie swaarde nie – met die “Zuma must fall” optog. Vandaar af het ons opgestap na die Boorhanol Moskee – wat ‘n heerlike ervaring van verskeidenheid! By die Sinagoge moes ons hoede opsit – by die Moskee moes ons skoene uitrek! En by die Groote Kerk? Daar het ons geëet!

Wat ‘n voorreg om deel te wees van hierdie merkwaardige versoen-ingsgebaar – om te stap tussen die katedraal, sinagoge, moskee en ons kerk. Hier is ‘n groeiende familie van gematigde godsdienstiges, almal komende vanuit die Abrahamitiese wortels, wat mekaar omarm en ontdek hoeveel gemeenskaplike drome ons het: drome vir ons kinders, drome vir ons bejaardes, drome oor ons leiers, drome vir armes, drome vir skole, drome vir die natuur, drome vir Kaapstad, drome vir ons land, drome vir die wêreld. Ons geboue, ons gebede, ons liedere en ons gewoontes is verskillend. Maar agter hierdie godsdienstige gewaad is daar mense, eenderse mense. Mense met dieselfde vrese, selfde uitdagings, selfde vreugdes, selfde hartseer en pyn.

Mense praat oor polarisasie in die land, klowe tussen mense, die sosiale kohesie wat nie meer daar is nie, ensomeer. Wanneer hulle egter die geleentheid kry om “vreemde vriende” te ontmoet, persepsies af te breek en versoening te bewerk, dan daag daar maar min op. ‘n Mens wonder hoeveel moet dinge nog meer versleg voordat iemand die nood sien en opstaan en saam-loop…?

LIDMAAT SE GETUIENIS

In ‘n wonderbaarlike ekumeniese oefening wat trouens verder gegaan het as slegs Christelike eenheid, het gelowiges van minstens vier kerkgenootskappe (miskien was daar selfs meer) daardie dag die pad van versoening en interaksie letterlik saamgestap ! Lede van ons eie Groote Kerk, van die Anglikaanse Katedraal, van die Joodse Sinagoge langs die Kompanjiestuin, en die Moslemse Moskee in die Bo-Kaap, het nie alleen saamgestap nie maar het inderdaad die unieke ondervinding gedeel om mekaar se kerkgeboue te besoek. Daar is ons toegespreek deur amptenare van die verskeie kerke asook deur ander interes-sante belanghebbendes.
My persoonlike ondervinding was dat nuus-kierigheid plek gemaak het vir opregte belangstelling wat plaasgevind het in ‘n gees van onderlinge respek en agting vir “die ander” se godsdiensoefening. Dit was beslis ‘n belangrike tree (selfs kilometer) op die versoeningspad en definitief ‘n “stap” in die regte rigting.

Ek vertrou dat dit eerskomende jaar weer sal gebeur en dat die wedersydse voordele waarvan daar getuig was, sal meewerk tot groter versoeningsaksies vir ons diverse gemeenskap.
Len van Zyl

rolstoel

YSTERPLAAT

Die Groote Kerk is reeds ‘n geruime tyd by Ysterplaat betrokke om te probeer om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Dit word gedoen in samewerking met die maatskaplike werker Amorette van Greunen van die ACVV.

Daar is die afgelope ses maande oa ook kospakkies voorsien aan gesinne wat materiële nood beleef het. Die verspreiding van die kospakkies is gekoördineer met die maatskaplike werker van ACVV Ysterplaat. Die kospakkies, wat selfs toiletpapier insluit, is as deel van ‘n behandelingsplan aan gesinne uitgedeel.

Baie van die gesinne het egter nie plek om kos te kook nie – dikwels nie geld vir elektrisiteit of gas nie. Die kerk het daarom besluit om gevriesde voorbereide etes te voorsien, in ‘n poging om die materiële nood op ‘n om-vangryke wyse te verlig. ‘n Donateur is verkry wat brood verskaf vir die projek. Die Groote Kerk het ‘n vrieskas aangekoop om die produkte te stoor, voordat dit uitgedeel kan word. Die vrieskas is binne die maatskaplike werker se kantoor, wat die verspreiding van die produkte, volgens behoefte, kan uitdeel.

rolstoel

ACVV Skiereiland trek die afgelope finansiële jaar baie swaar en moes uitgawes tot die minimum beperk. Dit het beteken dat die maatskaplike werker wie se kantoor in die NG Kerk Ysterplaat-Suid se kerkgebou geleë is, die kantoor moes ontruim omdat ACVV nie die R1000 huur per maand kon betaal nie. Dit het weer beteken dat die maatskaplike werker na die Maitland kantoor sou moes skuif. Die implikasie vir die kliënte was dat hul na Maitland sou moes loop of van openbare vervoer, wat koste implikasies het, gebruik moes maak. Die meeste van die kliënte het nie hul eie vervoer nie. Die Groote Kerk het besluit om tot einde Februaie 2016 die kantoorhuur te betaal.

Die viering van Vrouedag in Augustus 2015 saam met die Groote Kerk was nog ‘n hoogtepunt. Die boodskap vir 60 vroue van Ysterplaat-gemeenskap was dat hul baie spesiaal is – ook in die oë van die Hemelse Vader. Eliznica, die jeugwerker van die Groote Kerk, was ‘n spreker en sy het bevestig dat elkeen baie spesiaal is van binne en buite. ‘n Lam op die spit met baba-aartappeltjies met tweebygeregte, asook malvapoeding en vla is deur die Groote Kerk geborg. Vir baie was die lamsvleis ‘n uitsondering op die reël, aangesien hul dit nie finansieel kan bekostig nie. Vrywilligers van die Groote Kerk het ook die pragtige uitnodigingskaartjies gemaak.

Die Brooklyn Women’s Forum is ‘n groep vrywilligers wat ‘n liefdadigheidswinkel (Charity Shop) te Koebergweg 109, Ysterplaat, bedryf. Die goedere wat geskenk word, word in die winkel verkoop en die fondse word in die ACVV se rekening inbetaal en vir projekte in die gemeenskap aangewend.

Die maatskaplike werkers verwys kliënte na die winkel waar hul dit as ‘n donasie ontvang. Die donasies wat ontvang word is dus onmisbaar. Kinderklere, tweedehandse skoolhempde (wit), grys en wit skoolsokkies en swart skoolskoene is tans ‘n groot behoefte. Gebruike skryfbehoeftes bv uitdraaikryte, potlode, penne, pennesakkies van verlede jaar wat nie meer gebruik word nie, sal ook waardeer word. Gebruikte skooltasse sal ook waardeer word.

rolstoel

Die ACVV en die Brooklyn Women’s Forum het 47 kinders van 5 tot 7 Januarie op ‘n vakansie-kamp geneem. Die hoofdoel van die kamp was om die kinders bloot te stel aan positiewe omstandighede (anders as in Ysterplaat waaraan hul gewoond is) en om te poog om hul selfbeeld te verbeter. Eliznica, die jeugwerker, het saam gekamp en verskeie programme aangebied.
Die hoogtepunt was die sak waarin ‘n handdoek en toiletware geplaas is, wat elke kind ontvang het. Die kinders het dit baie waardeer en vele van hul het gesê dat dit die eerste keer is dat hul hul eie handdoek het. Baie kinders het bevestig dat hul gewoonlik met familielede die handdoeke moet deel!

Kers-kospakkies en bederfsakkie is ook uitgedeel voor Kersfees. Verskeie ontvangers van die kospakkies het nie woorde gehad nie, net trane van dankbaarheid!
Daar is groot dankbaarheid vir die praktiese manier waarop daar op grondvlak ‘n verskil gemaak word, aangesien dit aankope, pakwerk en vervoer vereis Hier is ons veral aan Elize en Willie
Basson groot dank verskuldig. Daar is groot dankbaarheid van die ACVV, maar ook van diegene wat hulp ontvang, vir alles wat by Ysterplaat gedoen word.

Indien jy graag betrokke wil raak of’ meer inligting wil hê, kan jy vir Elize Basson (0826563747)/kerkkantoor (021 4220569) skakel.

Diens-Getuienis Span

rolstoel

Vreugde by Imizamo Yethu, Houtbaai

Dis 24 November en soos ons in Imizamo Yethu in Houtbaai inry vir ons twee weeklikse uitreik, kan ons die opwinding in die lug voel. Die kinders wéét net. Hier kom iets… Daar is min dinge wat ‘n kind so opgewonde maak soos ‘n geskenk, en elke jaar by ons laaste byeenkoms word kersgeskenke uitgedeel. Hierdie boodskap versprei soos ‘n veldbrand, en soos ons aangery kom, wag daar honderde kinders by die deure van die Iziko Lobomi Centre of Life waar ons normaalweg bymekaarkom. Soos die kinders die saal instroom kry elkeen ‘n malvalekker vissie, en dan is dit tyd vir fliek kyk. Almal skarrel om ‘n sitplekkie te kry want daar is maar min plek en baie kinders. Ons wys ‘n uittreksel uit die Jesusfilm wat gaan oor die geboorte van Jesus om die werklike rede vir Kersfees te vier.

rolstoel

Oud en jonk maak pakkies gereed en Bokse en bokse kinderbybels gereed vir uitdeel

Dit gaan maar woes, want vanaand is daar honderde kinders, aansienlik meer as die 80 tot 150 waaraan ons gewoond is op ‘n “gewone”aand. Dis egter te verwagte, want die getalle neem maar toe soos die afsluiting naderkom. Daar word egter hard gebid dat daar tog net ewe veel kinders as geskenke sal wees want daar is net 610 geskenke en ons het geen idee hoeveel kinders daar is nie! Terwyl ‘n paar helpers die kinders in toom probeer hou tydens die fliek, word daar rondgeskarrel deur die ander helpers om die kersgeskenke gereed te maak.

‘n “Gewone”aand vs. Aansienlik meer kinders op 24 November!

Dan is dit tyd vir kerspakkies uitdeel, en die georganiseerde chaos begin. Die kinders spring op en wil voor in die geskenke-ry wees en dan is daar natuurlik ook ‘n paar mammas wat tog nie wil hê hulle kleintjies moet uitmis nie… Die ouderdomme wissel seker so tussen twee en twaalf jaar, en elke kind se bekommernis is dat daar nie ook vir hom of haar ‘n pakkie gaan wees nie. Selfs ons begin twyfel want die geskenkpakkies raak al hoe minder maar die kinders nie! Aan die einde van die aand is daar darem ‘n geskenk aan elkeen uitgedeel – ‘n pakkie skyfies, ‘n pakkie lekkertjies en ‘n kinderbybel in Xhosa. Die glimlaggies op die gesiggies is, soos hulle sê, “priceless”. En weereens staan ons in totale verwondering voor ons Almagtige Vader – dat Hy presies soveel kinders die aand gestuur het as wat daar bybels was – daar bly net twee bybels oor wat aan twee van die helpers gegee word.

rolstoel

Baie gelukkige kinders met die geskenke

Dankie dat ons deel kan wees van ‘n projek waar 610 bybels in Imizamo Yethu ingestuur is, ons vertrou dat dit ‘n verskil gaan maak in daardie kinders en hulle gesinne se lewens. Bid asseblief saam met ons dat God se liefde ‘n werklikheid in elke kindjie se lewe sal word en dat genesing sal plaasvind waar nodig. En kom word sommer deel van die uitreik, dit sal jou lewe verander :)

rolstoel

Geskenke word uitgedeel en die helpers vir die aand sluit af

(Elke tweede Dinsdag reik ons saam met Houtbaai gemeente uit na die kinders in die area. Die uitreik is al meer 15 jaar gelede begin deur Houtbaai gemeente. Hierdie jaar was die fokus om die kinders bewus te maak van hoe spesiaal hulle is en dat ‘n mens se liggaam respekteer moet word deur hulself en ander. Verder het ons hulle die woorde geleer om gevoelens te kan beskryf en dat ‘n mens iemand moet vertel as iets met jou gebeur wat nie reg is nie. Party dae was die oordrag van die lessies meer suksesvol as ander weens verskeie redes – te min helpers, te veel kinders, te min vertalers – maar elke keer vertrou ons dat God aan die werk is selfs al kan ons dit nie sien nie. Wat ‘n voorreg om deel te kan wees van iets soveel groter as jyself! Dankie aan Groote Kerk wat die Bybels befonds het. En dankie aan elke vrywilliger wat al ooit kom aanmeld het op ‘n Dinsdagaand.)

KERSFEES-ETE ALTYD SPESIAAL

Elke jaar tydens Kersfees is daar by ons tuis ‘n groot geskarrel om ‘n spesiale Kersete voor te berei. Die een jaar word die Kersete by ons aan huis gehou en die volgende jaar by my suster, maar daar word altyd moeite gedoen om die dag spesiaal te maak, die tafel mooi te maak en die disse iets ekstra spesiaal.

Daar is egter baie mense wat op Kersdag nie eens kos het om te eet nie, wat nog te sê iets spesiaals. Daarom word daar reeds nou al vir drie jaar kospakkies aan mense by Ysterplaat en Maitland uitgedeel. Die idee is dat hulle oor die Kersgety genoeg kos in die huis sal hê om op Kersdag ‘n ete voor te berei. Die kospakkie bevat onder andere geblikte en droë produkte soos koffie, tee, melk, jellie, vlapoeier, koekies, lekkers, pasta, rys, blikkies vleis/groente/ vrugte en koeldrank.

Hier volg dankbetuigings van mense wat die pakkies ontvang het:

Weereens wil ek u hartlik bedank vir die geskenk van u ontvang gedurende Kerstyd. Ek ontvang dit uit die Han van die here wat voorsien in al ons behoeftes. Dankie dat u omgee en uitreik na ons bejaardes. Mag die Here elke diens wat u lewer ryklik seën in 2016.

En

Thank you from the bottom of my heart for the most amazing Christmas Present I received. I felt so spoilt. It is so refreshing to know there are still people out there that care for the less fortunate. God bless you and the work you do.

En

Ek is 70 jaar oud en is vir baie jare lidmaat van die NG Kerk en ook ‘n ouderdomspensionaris. Ek was verheug oor die kruideniersware pakket wat ek ontvang het. My opregte dank aan u wat dit moontlik gemaak het.

En

Geliefdes in die Here,
Wees verseker van my opregte dank en waardering vir die waardevolle geskenkpak wat ek van U in ontvangs kon neem. Alle eer aan God wat dit moontlik gemaak het.

So is daar nog baie dankbetuigings wat ons kan plaas, maar ek is seker dat dit duidelik is dat daar baie dankbaarheid is vir die kospakkies.
Ons is dankbaar dat ons met die Hoopfonds ‘n verskil in mense se lewens kan maak.

Leonie Fraser

rolstoel

ROLSTOELE VIR MONTE ROSA

Ons was bevoorreg om tien rolstoele uit die Hoopfonds aan te koop vir Monte Rosa. Dit sal die personeel van Monte Rosa in staat stel om die inwoners wat nie meer mobiel is nie uit te stoot in die tuin of na die saal te bring wanneer daar funksies gehou word.

Hoop projekte tydens 2014

noordhoek

Noordhoek Naweek

Die naweek van die 19de tot die 21ste Desember het ‘n paar vrywilligers van die Groote Kerk- en Tafelberg gemeentes by die pragtige Noordhoek kampterrein arriveer om ‘n kersfees kamp vir laerskoolkinders van die Heideveld-gebied aan te bied. Die kamp was propvol pret aktiwiteite soos strand toe gaan, buite baljaar en natuurlik, die kinders se gunsteling aktiwiteit, ure in die swembad deurbring.

Gedurende die eerste twee dae is ‘n verskeidenheid van eenvoudige, dog verrykende bybellesse vir die kinders aangebied om hul kennis van die Bybel en Jesus se liefde te verbreed. Oefeninge en kreatiewe kuns aktiwiteite was dikwels met hulle uitgevoer om die boodskap beter te begryp, byvoorbeeld papier kettings wat bymekaar inhaak om die verskillende komponente van ons lewens voor te stel, ‘n gewone papier wat in ‘n kruis gevou word, wat wys hoe Christus ons kan vorm en ‘n tandepastebuis waarvan die tandepaste heeltemal uitgedruk word en nie weer teruggesit kan word nie. Die kinders het dit geniet om op ‘n interaktiewe manier meer te leer oor wat werklik belangrik is en hoe om dit in hul lewens toe te pas.

Meer uitdagende aktiwiteite was ook gedoen met behulp van Oom Braam en Tannie Bokkie, wat gereeld sulke aktiwiteite by kampe aanbied. Aktiwiteite wat jou laat dink en deursettingsvermoë benodig om te slaag. Die kinders het uit hulle eie pragtige prysliedere begin sing en die Here geloof met passie en oorgawe, wat vir my ‘n inspirerende belewenis was.

Op die laaste oggend het ons, ons eie “Kersfees” gevier waar die ware betekenis van Kersfees en die Kersverhaal, met Jesus se geboorte wat sentraal is, aan die kinders verduidelik is. Ongelukkig was dit toe tyd vir afskeid neem, wat die minder lekker deel van enige kamp is. Deur die loop van die naweek, het elkeen van ons ons innerlike kind ontdek. Die kamp is dalk verby, maar die lesse wat geleer is en bande wat gesmee is, sal nie vining vergeet word nie, want met God wat ons lei, sal enige projek ‘n ongelooflike uitkoms hê.

kospakkies2015

KOSPAKKIES VIR KERSFEES 2014

Ons het weer soos verlede jaar kospakkies uitgedeel vir Kersfees. Daar word vooraf met die gemeentes van Maitland, Ysterplaat-Suid asook die maatskaplike werkers van die ACVV geskakel. Hulle verskaf dan ‘n lys name asook die getal mense waarvoor voorsiening gemaak moet word. Die pakkies word dan saamgestel vir enkellopendes, paartjies asook gesinne van 3, 4, 5, 6 en meer.

Daar is groot dankbaarheid oor hierdie pakkies, want baie van hierdie mense sien glad nie uit na Kersfees nie.

Hier volg ‘n briefie van een van die mense wat so ‘n pakkie ontvang het

“I would like to extend a warm thank you for the wonderful grocery hamper I received in December 2014. It was a God Send! It really came at the Right Time. May God bless you and all who contributed to this amazing act of kindness.”

Ons dank die Here saam met hierdie persoon vir die Uitreikfonds wat dit moontlik maak.

maitland-vullis

Vrede tussen vullis

Maitland is ‘n besige plek op ‘n Saterdagoggend. In die strate rondom die stasie wemel dit, sommiges is op pad werk toe, ander moet inkopies gaan doen, by vriende gaan kuier en soos een jongman gesê het, “Ek is oppad na die oog, ‘n koue een gaan kry, reg maak vir vanaand se game”

Ons kom in ‘n klein groepie voor die ACVV huis in Helystraat bymekaar. Die helder geel baadjies waarop pruik Maitland Community Church, swartsakke en handskoene word uitgedeel en vinnig groei die groep. “Anna sê sy is oppad, moet net gou die wasgoed ophang” “Hierdie is my dogter en kleinkinders, hulle kom ook help” “Sjoe, dis vroeg vir ‘n Saterdag, ek sukkel nog om my oë oop te kry” gaan die stemme op. “Môre, môre”, word die verbygangers gegroet, “Julle kan mos lekker kom saamwerk, ons gaan bietjie skoonmaak” Daar word ‘n kring gemaak en hande gevat en ons bid saam. Ons bid vir die lewe, ons bid vir ons saamwees, ons bid vir ons werk en getuienis en ons bid vir die mense van die gemeenskap. Ons kies koers stasie toe.

Die paadjie wat lei na die stasie, is oorgroei van die onkruid en is besaai met allerhande papiere, plastiek, glas en soos een man roep, “Mens kan ryk word hier, kyk uit vir die blare (geld), as die wind so waai dan gaan lê dit daar in die lang gras”

Almal spring in, teen die hierdie tyd is die vraag en aanbod na geel baadjies al oorskrei, en almal “gemerk en ongemerk” kry ‘n rol om te vervul. Die jongste is 6 en die oudste 67 jaar oud. Binnekort is daar ‘n erewag van geelbaadjies aan weerskante van die paadjie wat lei na die stasiedek – die wat kom en gaan op die paadjie word vriendelik gegroet en hier-en-daar word geselsies aangeknoop en daar word opgevang oor lief en leed. Party vee, ander is op hul knieë om vullis uit die heining te krap, sommige dra vol sakke na die kerk se bakkie, almal besig, sy-aan-sy. Die terrein verander vinnig, dit raak stelselmatig skoner. Waar daar eers ‘n groot gemors was, is daar nou die vars merke van ‘n besem of hark wat deur die hande van ‘n dienende persoon sy werk gedoen het. En so op die strate van Maitland word die evangelie van diensbaarheid en herskepping lewendig en sigbaar, word daar met die hele liggaam getuig.

God wat tussen die rommel van my lewe rondkrap om daar skoon en nuut te maak, word op daardie Saterdag fisies ervaar terwyl Sy kinders letterlik tussen die rommel rondkrap om ‘n deel van Sy natuur skoon en nuut te maak.

mr-worsbraai

Heerlike worsbraai by Monte Rosa

Op 12 November het ons ‘n heerlike kuieraand by Monte Rosa gehou.
Die mense het al van 5h nader gestaan. Die vuur het toe al gebrand en ons het so teen half ses die wors begin braai. Gelukkig het die reën eers begin uitsak nadat die wors reeds gaar was!

Daar is lekker ou ou volksliedjies gesing en later het Danie met sy
tjello stemmige liedere gespeel en Nicolene het hom begelei op die klavier.
Almal het sommer ook Kersliedere gesing en mnr van Zyl het ook saamgesing – ‘n
vrolike stemming!

Die Hartklop jongmense het met die bediening kom help en saam gekuier. Ons het sap ook bedien en tuisgemaakte “brownies”vir poeding en eers teen half 8 opgepak – die inwoners het bly sit en mens kon sien hulle die aand geniet.

DUISEND dankies aan ons Groote Kerk-hoopfonds wat die eetgoed mootlik gemaak
het en ‘n groot dankie aan die skenker van die heerlikste wors! Almal het dit vreeslik geniet en waardeer.

Ruyterwacht-sentrum-lede

Ruyterwacht Senior Sentrum

Die Bestuurder daar is: Mev Annette Bekker en Maatskaplike Werker : Margaret Olivier.

Die Ruyterwacht Senior Sentrum bestaan reeds sedert Julie 1988 en lewer dienste aan 300 seniors asook volwasse gestremdes. Hul bedien ook werklose en hawelose mense in die gemeenskap twee keer per week met sop en brood.

89% Sentrumlede verdien minder as R1300 per maand.

Die Sentrum het gesluit gedurende Paastyd en dit was ‘n voorreg om ‘n skenking te maak van kospakkies, om hul Paastyd ‘n geseënde tyd te maak.

Indien u by hierdie besonderse projek wil betrokke raak hetsy donasies, gebede, of finansiële bydraes , kontak Riaan De Villiers by: riaandev@gmail.com

Seëngroete,

Magriet

UITREIK
Ons is mense wat oorweldig is deur God se genade en liefde. Ons glo dat ons in reaksie hierop geroep is om Jesus se liefde uit te leef na ‘n wêreld wat dit broodnodig het.

Hoop projekte tydens 2013

Unknown

De Waveren Kamp Noordhoek

Op Maandag 9 Desember het tien van ons gemeente se jongmense en ‘n paar volwassenes by Noordhoek gearriveer om die kampterrein gereed te kry vir die 55 kinders van Laerskool De Waveren wat vir die week sou kom kamp. Almal was opgewonde en het uitgesien daarna om die kinders te ontmoet. Uiteindelik het die bus gearriveer teen 12:00 met 55 pare groot oe wat deur die vensters loer na die “ooms en tannies” wat op die gras gestaan en wag het.

Die ys is onmiddelik gebreek, en die klanke van 70 opgewonde skreeuende en laggende kinders het die kampterrein gevul. Dit was ‘n week vol pret, aktiwiteite en baie drukkies. Ons het geswem, geeet – sjoe ons het baie geeet – daar was moeilike spanwerk uitdagings, daar is saamgesing en ons het geleer hoe Jesus ‘n mens se lewe deur Sy liefde kom nuutmaak. Vrydag is daar gegroet en die trane het gevloei toe almal weer op die bus klim. Wat ‘n heerlike – en uitputtende – week, ons hoop om einde van die jaar weer so te maak.

Dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om die kamp moontlik te maak. Dankie aan die wat hul tyd gegee het om daar te wees, die wat die aankope gedoen het, almal wat vir ons gebid het. Dankie aan die persoon wat die rugsakke geskenk het, die kinders was baie dankbaar daarvoor en het dit baie waardeer, dankie ook aan die persoon wat die spitbraai geborg het, die kinders het omtrent hulle lippe afgelek.

Hier is enkele gedagtes wat die kinders gedeel het na die kamp:

“Ek het geleer jy moet jou lewe vir die Here gee, ek sal dit altyd onthou”

” Ek het geleer om saam met ander te werk in ‘n groep. Die swem was vir my die lekkerste. Ek sal altyd die kamp onthou. Dankie vir alles wat ons gekry het.”

“Ek het daarvan gehou om te swem, ek het baie van die kos gehou en die Bybel lesse”

“ek het gehou van die kos wat die tannies gemaak het. Die leiers was die beste leiers. Ek het lekker sport gespeel. Ek het baie lekker geslaap.”
kos-pakkies-vir-kersfees-image

Kospakkies vir Kersfees

Ons het vanjaar weer eens die projek herhaal om kospakkies gereed te maak vir gesinne en indiwidue, in van ons Ringsgemeentes. Hierbo is ‘n foto van die kospakkies wat by Maitland se kerkkantoor afgelewer is.

Gemeentes is versoek om mense vooraf te identifiseer, waarna ons 37 kospakkies gereed gemaak het:
ACVV 10 gesinne met 7 gesinslede
Maitland 5 pakkies wat wissel van gesinne van 5 tot 2 gesinslede
Ysterplaat 15 pakkies wat wissel van enkelinge tot 3 gesinslede
Eie gemeente: 7 indiwidue

Die gedagte is om ‘n kospakkie te maak sodat die persoon/gesin op Kersdag ‘n heerlike maaltyd kan maak. Daar is ‘n verskeidenheid goedere in die pakkie oa, tee, koffie, suiker, melk blikkies kos, vleis, rys, pasta, olie, poeding, koekies, ens. Die pakkies is op die 20ste Desember by die onderskeie kerke en instansies afgelewer of aan indiwidue oorhandig.

Dit is nogal ‘n hele proses om alles te koop en te verpak, maar mens leer mos elke keer en volgende keer sal dit nog makliker gaan. Ons het hierdie jaar byvoorbeeld sakke gekoop omdat ons verlede jaar gevind het dat die dose nie so goed werk nie.

Die dankbaarheid en vreugde op die ontvangers se gesigte, is al die moeite werd. Ons het reeds dankie-briefies ontvang waarin twee lidmate van Ysterplaat noem dat hulle ook met ander kon deel en die sak waarin die kruideniersware verpak was aan haar kleindogter as geskenk kon gee. ‘n Ander briefie noem weer dat die pakkie beteken het dat hulle ‘n besonder heerlike Kersfees kon hê.
Baie dankie aan die kerkraad wat die fondse beskikbaar gestel het om ons in staat te stel om met hierdie gebaar die liefde van Jesus tasbaar in mense se lewens te bring.

 

Vermeerdering-van-die-brode

Vermeerdering van die brode?

In 2012 het die NG Groote Kerk as deel van die Hoop-projek twee van my aansoeke vir die projekte by Clarke Primêre Skool goedgekeur

  • Die projek wat in 2012 aangepak is, het die opgradering van die Gr R klaskamer en die speelparkie, behels .
  • Die tweede projek is eers in 2013  aangepak nl om die twee graad R klasse se  kinders op ten minste vier uitstappies te neem.

Die kinders besoek die Brandweerstasie in Goodwood, die Planetarium en rondleiding deur die museum, Kirstenbosch en Akwarium . Dit is ‘n wonderlike ervaring om die kinders se verwysingsraamwerk te kan verbreed .  Dit is ook ‘n voorreg  om saam met die kinders op die ontdekkingtog te gaan en te sien hoe ‘n kind hom vergaap aan ‘n opgestopte kameelperd of ‘n haai wat verby swem.   Elke uitstappie het ‘n “formele les” of poppespel ingesluit sodat die kinders soveel blootstelling as moontlik kon kry. Die Akwarium was die hoogtepunt – dit was amper te veel vir hulle om in te neem .

Die  uitvloeisel van die projekte laat my dink aan die Bybelse vergelyking oor die vermeerdering van die brode en die vissies:

Verlede jaar in Desember het ek in n feitlik leё Kampsbaai–kerk terugvoering gegee oor die eerste projek. ( die Kersdiens was die aand in die Kerk so die meeste jonger ouers en kinders was nie daar nie ). Daar was wel ‘n doop wat die getalle aangehelp het.

Na die Kerkdiens kom ‘n  gemeentelid na my toe en noem dat hy in sy persoonlike hoedanigheid ‘n bydrae wil maak tot enige projekte wat ek nog daar wil doen . Ek sê toe dat indien hy vir my die bedrag in gedagte kan noem sal ek vir hom met ‘n prioriteitslys voorsien dan kan hy kies waar in hy sy bydrae wil  “belê”.  Die bedrag is toe R100,000.

Hierdie was vir my persoonlik ‘n wonderlike ervaring dat iemand soveel vertroue in sy medemens se oordeel  kan plaas dat hy haar of hom se oordeel vertrou om die geld op ‘n sinvolle manier te spandeer.

Ek het lank gewik en weeg wat ek met die geld moet doen en op die ou end besluit om Annatjie Hanekom te nader om ‘n geletterheidstrategie projek aan te bied . Op voorwaarde dat die hele skool sal baat  by die projek  en die jaar deurloop en gereelde opvolgsessie gehou word .Eers is al die  kinders se lees- en denkvlakke geëvalueer, daarna is  al die personeel op n een-tot-een-basis opgelei , intervensie materiaal is aangekoop  en die skool is die hele jaar twee keer per week deur twee van die hoogsopleide dames besoek om voorbeeld lesse te gee , onderwysers te help met hulle aanbiedinge en evaluasies te doen .

So die aanvanklike R10, 000 het vermeerder na R100, 000 om ‘n hele skool die geleentheid te gee om hulle denkvaardighede en leesvermoë te verbeter .  Ek hoop dat die Skoolhoof en Annatjie Hanekom self kan kom verslag doen oor die impak van die projek op die skool

Die tweede “vermeerdering” het daarna plaasgevind . Vier dames van die area – Mariette Coetzee, Helmien Jonker , Alet Louw en Annali Cilliers het ingestem om saam met my en die twee onderwyseresse  te help om die 60 Gr R  kinders in groepies van 10 deur die Akwarium te neem .  Van hulle was ook by die vorige uistappies betrokke.

Ek het vir  elke  kind ‘n  pakkie slap tjips teen ‘n spesiale prys bestel by die restuarant by die Akwarium  wat die  toebroodjies  en sap wat ek vir hulle gemaak het sou aanvul.  Die bestuurder daar was so aangedaan oor die kinders se dankbaarheid  van die eenvoudige maal en hul ooglopende hongerte dat hy in trane was en vir my verdere afslag gegee het. Hy het my toe geroep en aan die sjef voorgestel en gesê as ons weer kom moet ek hul ‘n maand kennis gee dan kry hy die verskaffers om vir die kinders n ordentlike ete te borg.

Die ander “goedheid” wat uit die oggend gevloei het is dat  een van die dames  onderneem het om saam met haar groepie vriende R1000 se kos per maand te skenk vir die voedingskema  by die skool .  Die rede is dat die 350 kinders in die verlede almal een maaltyd per dag   by die skool gekry het . Hierdie jaar stuur  die WKOD  net kos vir,  95 kinders. Soos die skoolhoof sê hulle moet nou soggens besluit wie is die hongerste.  Baie kinders het NET skool toe gekom vir die bord kos en dan nog die helfte van hul kos huis toe gevat vir ‘n honger sussie of boetie by die huis.   Die skoolbywoning het dramaties geval  want, daar is geen motivering of krag om heeldag in die skool te sit met ‘n honger maag nie.

Soos julle ken sien was die die projek soos ‘n klein klippie wat mens in die dam gooi en die sirkels kring al hoe meer uit  en raak al  hoe meer mense

Helena le Roux
VERSLAG-OOR-ANGOLA-UITREIK

2013-08-08 tot 09-11 Verslag oor Angola uitreik:  Danie Van Dyk en Andries Louw

Danie en ek het op 8 Augustus na Angola vertrek in sy viertrekbakkie gelaai met 380 portugeuse bybels, ‘n paar duisend traktaatjies, data projektor, skootrekenaar, Jesus Film (in Portugees en Umbundu), generator, tente, blikkieskos, waterkanne en brandstofkanne vir ons 4 weke uitreik in Angola.

Hier volg ‘n kort beskrywing van ons afgelope toer:

Ons eerste bestemming in Angola was Lubango waar ons Eugene Modesto, ‘n onderwyser wat moes tolk, opgelaai het.  Eugene se totale toewyding aan die Here straal uit die feit dat hy kerke stig, weier om ‘n onderhoofpos te aanvaar “because then I would have too much admin. work and less time for my ministry”, en hy sewe van sy bure en familie se kinders “aangeneem” het omdat hy en sy vrou, Madelene, sulke goeie ouers en opvoeders is!

Hierna het ons elke aand op ‘n volgende dorpie se sokkerveld die Jesus-film gewys vir tot 600 plaaslike inwoners op ‘n keer.  Dan nooi ons hulle uit om met ons te kom praat oor hulle geloofsekerheid.  Dit duur ‘n uur en hulle word uitgenooi om Christus as verlosser in hulle lewens te aanvaar.  Die ouens wat kan lees of ‘n maat het wat Portugees kan lees, kry dan ‘n Bybel.  Hulle word weggestuur met ‘n baie bepaalde opdrag:  Hulle moet elke dag Bybel lees, bid, getuig, weekliks kerk bywoon en by ‘n weeklikse bybelstudiegroep, wat bestaan uit almal wat bybels ontvang het, aansluit.  Hulle moet nou die bal verder vat volgens Mat. 28:19!

Drie dae later was ons in die bos by ‘n klein dorpie, Sayajo, toe ‘n hond my byt.  Ek moes dadelik inspuitings kry vir klem-in-die-kaak en hondsdolheid.  Ten spyte van opvolg-inspuitings en daaglikse skoonmaak van die wond, kon ons die reis voltooi en het altesaam 18 dorpe besoek en 187 bybels uitgedeel aan nuwe kinders van die Here.  ‘n Verdere 121 bybels is teen kosprys verkoop en 72 aan die kerke geskenk.  Elke bybel kos R80 en deur ‘n ruim skenking van ons kerkraad het elke lidmaat deel geword van die Koninkrykswerk in Angola.  Hieroor sal die engele juig!

Die eerste vraag wat mag opkom, is: “Hoekom Angola en nie Khayalitsha nie?”  Daar is ‘n hele paar redes hiervoor.  Eerstens het ek saam met Danie gegaan wat al vanaf 1999 elke jaar Angola vir een maand besoek.  Sy ouers het skool gegee in Outjo op die stadium toe die Dorslandtrekkers uit Angola padgegee het en hy het ‘n roeping gekry om die evangelie in Angola te versprei.  Tweedens is dit ‘n groot probleem om bybels in Angola in die hande te kry.  Die enigste afsetpunt is Luanda. Derdens word ons jaarliks deur twee Angolese kerkgenootskappe uitgenooi om hulle te kom bedien.  Danie is lidmaat by die Tamboerskloof gemeente en het reeds 13 sulke togte aangepak en in die proses sowat 150,000 kilometers afgelê!  Dit was die tweede uitreik wat ek saam met Danie bygewoon het en Ds Hendrik Scott van Tamboerskloof was ook al tweekeer vantevore saam.

Twee dinge sal my altyd bybly – hoe die mense se gesigte blom as hulle ‘n Bybel in ontvangs neem en die vreugde en vrede wat oor hulle kom as hulle Jesus Christus deur ‘n eenvoudige gebed as hul Verlosser en Saligmaker aanvaar het.

 

Hoop projekte tydens 2012

Doen klein dinge met groot liefde!

2012 is verby en daar was heelwat mense wat deelgeneem het aan die verskeie hoopprojekte. Daar is baie plekke waar gemeentelede betrokke is en besig is om hoop te bring in hopelose situasies, waar hulle saam met God skep, herskep en die Goeie Nuus van die evangelie uitdra.

Ons wil jou aanmoedig om in 2013 ten volle in te spring en deel te neem aan hoopprojekte in en deur die gemeente.

Kontak gerus die kerkkantoor indien jy by een van die bestaande projekte in die blaadjie betrokke wil raak, of indien jy ‘n projek het waarvoor jy hulp en ondersteuning nodig het.

Mag 2013 waarlik ‘n jaar van HOOP wees vir jou en ons gemeente en gemeenskap!

 

Beth Shalom Woodstock 

Die Beth Shalom huis is die tuiste van Hannes van der Merwe (Straatwerk en Ophelp), Oupa en ‘n aantal ander mans wat in ‘n herbouingsfase van hulle lewens staan. Die liefde en gemeenskaplike omgewing bied die nodige ondersteuning vir hierdie herbouingsproses.

Magdel het met die idee vorendag gekom om van die kerk se kant ondersteuning te wys vir hierdie wonderlike huis deur ‘n mooi tuin tot stand te bring en in die proses ook met liefdevolle interaksie vir die huis inwoners tot seën te wees. Sy het ‘n paar entoesiastiese ondersteuners gewerf, Ettienne, Francois en ‘n paar ander op ‘n meer lukrake basis.

Oor die laaste 6 maande is daar op Saterdae grond geskuif, dreinasie sisteme ingesit, bietjie gras geplant, beddings gemaak, plante en bome geplant en sommer net lekker gespeel. Die tuin begin nou so stadigaan neig na hoe Ettiene se meesterplan daarna uitgesien het en ons glo hierdie vrolike omgewing en liefdevolle interaksie (ook in ons toekomstige tuinmakery) die effek het om die Groote Kerk se ondersteuning vir die Beth Shalom huis tasbaar te illustreer. Soos so algemeen die geval met sulke projekte bly die tuinmakers ook nie onaangeraak nie en het ons self baie genot en seën ondervind.

 

Kampsbaai sopkombuis 

Gedurende die wintermaande (Mei tot einde Augustus) verskaf Sarah Workneh sop aan die haweloses in Kampsbaai. Sy doen dit al ‘n paar jaar maar hierdie afgelope jaar hoef sy nie self die koste te dek nie maar het ondersteuning van die kerk bekom. Sy het selfs afgesluit met ‘n heerlike hoenderdis.

Dit was gewoonlik so 10 mense. Eers het sy ‘n bietjie met hulle gesels en dan ‘n gedeelte uit die Bybel gelees en gebid. Daarna is sop en brood bedien. Uit die geldelike bydrae van die kerk het sy ook ‘n hele paar komberse aangeskaf. Oorspronklik ook ‘n klein twee plaat stofie en twee groot potte. Dit was egter dikwels onprakties in ongure weersomstandighede om die sop by die kerk te maak en dan het sy dit by haar woonplek gemaak.

 

 

Parade Hotdogs

’n Groep tieners van die Donderdagaand kategese het met die kerkbussie na die parade gegaan om daar hotdogs aan die haweloses te bedien.

Toe ons daar aangekom het, het ons net so 3 haweloses gesien en hulle genooi om nader te kom sodat ons met hulle kon gesels.

Binne twee minute was daar seker 50 mense wat in die ry geval het vir ‘n hotdog. Tydens die geleentheid het ons ook die geleentheid gekry om saam met die mense te bid wat behoefte aan gebed gehad het.

Ons het stories gehoor van mense se kinders en hulle hopelose situasies. Dit was goed vir die tieners om uit te reik oor grense en hulle was baie aangeraak deur hul kontak met die mense en hul gebede.  Daar is baie geleenthede vir uitreik in die stad en die tieners is baie opgewonde om soveel as moontlik van hierdie kanse te benut om God se liefde op ‘n praktiese manier te wys.

 

Love and Faith dagsorgsentrum 

Ons hoopprojek by die dagsorg in Philippi het talle kinders laat glimlag en ook ons harte bly gemaak! Deur so baie bydraes vanaf gemeente lede i.t.v meubelstukke, wiegies, printers, truitjies, klimrame en speelgoed, asook finansiele bydraes vanaf die hoopprojek fonds kan mens regtig transformasie sien in die klein stukkie grond in Philippi. Ons hoop ook dit kan versprei na die res van hierdie gemeenskap. ‘n Span van ons het een oggend deur gery en lekker tyd saam met Mama Thobeka en haar mense spandeer. Ons het sokker gespeel en ook lekker saam tyd in die Woord spandeer en saamgesing. Dit was ‘n absolute seëning om bymekaar te kon leer en mekaar te kon bemoedig. Ons pad saam met Love and Faith Daycare is nog lank nie verby nie en ons beplan om voor die einde van die jaar groente tonnels te gaan opsit om ‘n verdure diens aan die gemeenskap te lewer. Dankie aan almal wat die projek vir ons moontlik gemaak het.

 

Clarke Primêre skool Elsiesrivier

Die doel van ons projek was om die Graad R klassie by Clarke Primêre Skool se infrastruktuur te verbeter en waar nodig te herstel. Die Gr R leerders  kon nie meer die klimrame in die speelparkie ten volle benut nie want die swaaie en glyplank was gebreek, die hout was droog en vol splinters en die veiligheidsnette geskeur.

Alles is nou pragtig herstel en hulle kan ook nou met hul sandspeelgoed in die nuutgemaakte sandput onder een van die klimrame speel. Die   waterpunt wat aangelê is stel ons in staat om vir die  eerste keer die groot waterbakke vol water te maak waar die  kinders na hartelus kan baljaar.

Die fasiliteite bied nie  net plesier vir die kinders nie, maar bied soveel geleentheid vir verskileende aspekte van die kind se ontwikkeling. AL die kinders by die skool  bly in drie –verdieping hoё woonstelgeboue. In die verlede het die kinders in die woonstelblokke se agterplase of in die straat gespeel. Ouers kan dit egter nie meer toelaat dat hul kinders ‘buite” speel nie as gevolg van die geweld en misdaad in die omgewing. Die alternatief is om heeldag televisie te kyk en hul grootmotoriese ontwikkeling bly agterweё. So vir ‘n paar uur per dag het die kinders die heerlike vryheid van beweging in ‘n veilige area.

Meubels is ook aangekoop vir die Gr R klas wat dit moontlik maak om die reeds bestaande infrastruktuur beter te gebruik. Die ruim tafels maak die onderwysers meer gereeld skeppende en opvoedkundige werk kan aanbied en die droograk kan nou die nat verfprente gerieflik stoor . Die klaskamer is nog nie heeltemaal klaar ingerig nie, kontak die kerkkantoor as jy hierby betrokke wil raak.

 

Soyisile Biblioteek 

Die biblioteekprojek by Soyisile Laerskool in Khayelitsha, maak goeie vordering. Danksy die wonderlike kinders en ouers van Jan van Riebeeck het ons reeds byna 2000 boeke ingesamel. Ons is steeds van plan om die biblioteek aan die einde van die jaar by Soyisile te open.

Deur die loop van die derde kwartaal het kinders uit die junior grade van beide Jan van Riebeeck en Soyisile by die Bookery in Roelandstraat bymekaargekom om saam boeke te kies en rangskik vir die biblioteek.

 

Kospakkies vir Kersfees

Ons het in Desember 2012  kospakkies aan minderbevoorregte gesinne in die Maitland- en Ysterplaat-omgewing versprei, sodat hulle vir hul gesinne ‘n Kersfeesete kon voorberei.

Dankie-sê briewe het ingestroom kerkkantoor toe, kyk net hoe mooi is dié ene: “Baie dankie vir die kospakkies, ek kon daarmee ’n vreugdevolle Kersgety vier en ek kon dit ook met ander deel.”

 

Straatwerk partytjie

As deel van hul Aksie Immanuel uitreike het Straatwerk ‘n kinderpartytjie op 19 Desember 2012 gehou. Ons het  Straatwerk gehelp om hulle Kersfees partytjie vir die OPHELP projek (die mense wat die strate van Kaapstad skoonmaak) ‘n heerlike geleentheid te maak. Ons het self ‘n bietjie skoongemaak en saam gebraai.

Mev. Blanckenberg een van die inwoners van Monte Rosa, het 70 poppies gebrei wat sy saam geneem het om vir die kinder suit te deel. Sy het die uitstappie baie geniet en wil ook nou “volunteer”- soos sy dit stel, om deel te wees van ‘n dienende gemeenskap.

 

SA Kinderhuis kamp in Franschoek

Die naweek van 3-5 Augustus 2012 het lidmate van die Groote Kerk die SA Kinderhuis op ‘n avontuurkamp na Karmel by Franschoek geneem.

Dit was ‘n heerlike geleentheid om verhoudings te bou en saam te groei in ons geloof. Ons het gefokus op ons stories en dat ons verlede nie hoef te bepaal hoe ons toekoms lyk nie. God is deel van ons storie en darem kan ons met hoop en verwagting uitsien na ‘n toekoms omdat ons dit saam met God tegemoet gaan.

Op die kamp moes die kinders verskeie uitdagings aanpak wat hulle gehelp het om anders te kyk na moeilike situasies en in hulself te glo en op mekaar te vertrou. Elke kind het na die kamp vertel hoe die kamp hulle lewe verander het en hoe graag hulle weer wil gaan kamp.

 

Die Zoë Trust kry ’n nuwe TV

Straatwerk het ’n Safe House in Heideveld langs die N2. Die huis bied veiligheid vir kinders wat groot word in ’n omgewing wat deur armoede, bendegeweld en geweld geteister word. In die gemeenskap het dié huis al bekend geraak as ’n plek van veiligheid, respek en liefde, en is dit as’t ware ’n lig wat skyn in die duisternis.

Hulle het in 2012 die behoefte aan ’n nuwe TV gehad. Daar word opvoedkundige material asook Bybelboodskappe daarop gewys. Dit word ook gebruik vir ’n hele reeks van weeklikse bymekaarkomste by die huis. Die nuwe TV is deur die Hoopprojekte befonds.

 

Kuns- en vlytklasse by SA Kinderhuis

Op Dinsdagmiddae word daar gratis kunslesse by die SA Kinderhuis aangebied. Dit is ’n wonderlike inisiatief om ’n liefde en begrip vir kuns aan die kinders oor te dra en vir hulle ’n verdure hupstoot in kreatiwiteit met goeie gereedskap en material te gee.

Die kinders word gemotiveer om beeldende kuns, as deel van hul kultuur en samelewing te waardeer en te verstaan. Dit gee die kinders die geleentehid om uitdrukking van hul emosies, frustrasies en komplekse ondervindings te gee op ’n kreatiewe manier.

 

Van tonnelvisie tot tuin tonnels in Philippi

Ons het weereens ‘n wonderlike geleentheid gehad om Mamma Thabeka se bediening in Philippi te kon seën. Met tuin tonnels, ‘n  kersfpartytjie en ‘n ‘klim en klouter’ kon hulle 2012 afsluit met ‘n feestelikheid en so ook 2013 begin met ‘n  goeie oes.

Baie dankie vir ieder en elke persoon wat die geleentheid moontlik gemaak het, dit was voorwaar ‘n groot sukses.

 

Vakansiekamp- Desember 2012 te Weskus Natuur Reservaat

Vyftien kinders het die ACVV tydens ’n kamp in Desember vergesel. Die weer was baie warm, uitstekend vir die kinders natuurlik.

Hulle het saam met die fasiliteerders op ’n nag staproete gegaan waar hulle op die roete die geskiedenis van naguile en die sterrehemel bestudeer het.

Hulle het ook op die sandduine baljaar, en het sommer tegelyke tyd geleer oor gronderosie en hoe die duine ontstaan het. Hulle het ook groot pret gehad met die roeibooitjies op die lagoon waar hulle ook waterveiligheid geleer het.

 

Papiere en Skryfbehoeftes vri Heideveld Primêre Skool

Dit het ons harte aangeraak toe ons hoor dat sommige van Heideveld Primêre Skool se leerlinge nie papier het om hulle skoolwerk op te doen nie.

Zoë Trust It’s Amazing, is ‘n program wat ‘n verskil probeer maak in die kinders van Heideveld se lewens, en omdat ‘n klompie van hulle kinders in Heideveld Primêre Skool is, het ons besluit om in te spring en te help.

Ons as gemeente was bevoorreg om ‘n verskil te kon maak deur vir die skool papier en skryfbehoeftes te skenk. Die blydskap en dankbaarheid wat ons van die onderwysers sowel as die kinders gekry het, was iets wat ons altyd sal koester.

 

Barone Hoop

Elke Vrydagaand hou Straatwerk hulle middestad uitreike in Kaapstad. Daar is ‘n getroue groep mense wat week na week die strate aandurf met die Goeie Nuus en tydens hierdie geleenthede gee hulle aan mense iets soos ‘n bottel water of sjokolade met die woorde “Jesus Saves” op. hierdie gebaar laat meeste mense gewoonlik stil staan en navraag doen oor die gratis geskenk en bied dan aan die uitreiklede die geleentheid om ‘n gesprek aan te knoop. ‘n Groep van ons jongmense het een Vrydagaand by hulle aangesluit en tydens hierdie geleentheid het ons gemeente al die Bar-one sjokolades geborg. Die jongmense het op ‘n ander manier die strate van Kaapstad beleef en dit as ‘n praktiese groei geleentheid beleef om God se groot Iiefde op klein maniere te wys.

 

 

 


Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam