Worsbraai Monte Rosa

Op Donderdag 2 November is die inwoners van Monte Rosa bederf met ‘n worsbraai. Die foto’s hierby spreek boekdele oor die genot wat die inwoners sowel as die helpers uit hierdie aand geput het.

 

Worsbraai-Monte-Rosa-1

Salome van Vuuren en Andries Louw aan die musiek maak.

Worsbraai-Monte-Rosa-2

Worsbraaiers: Gert de Wet, Johan van Rooyen en Paul in gesellige luim.

Worsbraai-Monte-Rosa-3

Sanet en Jacobus by die heerlik gebraaide wors.

Worsbraai-Monte-Rosa-4

Die inwoners sing heerlik saam voordat daar geëet word.

Worsbraai-Monte-Rosa-5

Die musiek laat Madelein Geldenhuys en Elsa Erasmus se voete jeuk!

‘n Groot dankie aan Nicolene wat die aand gereël het en almal wat kom help het om die aand ‘n sukses te maak. Dit word opreg waardeer!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam