Ysterplaat / Isibindi

Groote Kerk het ʼn jare lange verhouding met NG Kerk Ysterplaat. Daardie verhouding het in die laaste paar jaar gegroei en ontwikkel en ons is dankbaar vir die geleenthede wat ons het om daardie gemeenskap te kan bedien, in samewerking met die kerk daar. Deel van die groei was die samesmelting van NG Kerk Ysterplaat en NG Kerk Ysterplaat-Suid. Dit het vele geleenthede geskep rondom die aanwending van geboue. Ons is dus opgewonde oor die manier hoe Ysterplaat-Suid se geboue nou in ʼn Gemeenskapsentrum omskep word. Groote Kerk se betrokkenheid strek verder oor verskeie fasette en daar is dus ruim geleentheid om betrokke te raak:

ISIBINDI in Ysterplaat

Isibindi is ʼn organisasie wat sedert 2017 in samewerking met Ysterplaat gemeenskapskerk in Ysterplaat betrokke is. Die fokus van die organisasie is om jongmense en kinders ʼn veilige ruimte te gee waar hulle kan woon en leer en groei. Hulle doen dit tans op twee maniere, maar droom oor meer:

Ysterplaat Nasorg

Elke weeksmiddag is daar ʼn nasorg met +-25 kinders in die saal van die gemeenskapskerk. Hierdie kinders is deur die omliggende skole en deur die hof geïdentifiseer. Hier kry hulle ʼn gebalanseerde bord kos. Daar is ook volwassenes wat help met huiswerk en die kinders kry geleentheid om buitemuurse aktiwiteite soos Yoga en Ballroom dancing te doen. Wanneer kinders ernstige leerprobleme het, help hulle ook met ekstra leesklasse ens.

Raak betrokke: Wees ʼn vrywilliger een of meer keer ʼn week wat die kinders help met hulle huiswerk. Raak deel van die groep vrywilligers wat elke nou en dan kos maak vir die 25 kinders. Gebruik jou gawes en talente om ʼn buitemuurse aktiwiteit te kom aanbied – soos kunsklasse of bal-vaardighede, ens.

Echo Huise

Deel van die Ysterplaat gemeenskapsentrum is ook omskep in behuising vir jongmense tussen 18 en 25. Hierdie behuising is op die verhoog van die saal asook in containers wat omskep word in behuising. Die idee is om aan jongmense die geleentheid te gee om in ʼn stabiele omgewing die lewe in te gaan. Hier kry hulle die ondersteuning wat hulle nodig het om ʼn eerste werk te kry en te hou of om verder te studeer. Isibindi bestuur oor 3 ander Echo huise: 2 in Tableview en een in Stellenbosch.

Raak betrokke: Hulle is altyd op soek na mentors vir die jongmense. Woon Donderdae aande se kuiers by en wees sommer net ʼn positiewe teenwoordigheid. Maak ʼn finansiële bydrae aan Isibindi (wat Artikel 18A organisasie is).

Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) Sentrum

Groote Kerk is, saam met Isibindi, aan die droom en in die vroeë beplanning stadium van ʼn nuwe VKO sentrum in Ysterplaat by die gemeenskapsentrum. Indien jy deel van die proses wil wees, maak asb. kontak met Ds Riaan, Niel of Scherlize.

Kontak

Ds Scherlize van der Merwe (predikant by Ysterplaat):
072 8444 771 / [email protected]

Ds Niel Steyn (Besturende direkteur by Isibindi):
084 688 1080 / [email protected]

Besoek hul webtuiste vir meer inligting: www.isibindi.org.za

Maak 'n bydrae

Maak ʼn bydrae direk aan Isibindi (Artikel 18A sertifikate beskikbaar):

Isibindi Initiative NPC
First National Bank
Rek No: 62856182466
Takkode: 203809

ACVV Ysterplaat

ACVV Kantoor

Ons maak dit moontlik vir die ACVV maatskaplike werker om ʼn kantoor by Ysterplaat gemeenskapskerk te hê wat beteken dat sy naby en toeganklik is vir die wat haar nodig het. Kliënte sou andersins na die Maitland ACVV kantoor moes loop of ry.

Raak betrokke: Maak ʼn finansiële bydrae sodat ons kan voortgaan met hierdie ondersteuning.

Noodverlening aan pleegsorg gesinne

Die maatskaplike werker, Amorette van Greunen, in Ysterplaat versorg en ondersteun gesinne in die area wat pleegkinders ingeneem het. Hierdie gesinne het dit self nie breed nie en daarom dra ons op verskeie maniere by met hierdie ondersteuning.

* Voorsiening van kospakkies soos nodig.
* Voorsiening van weeklikse aflewerings van gekookte kos.
* Jaarlikse skenking van skryfbehoeftes

Raak betrokke:
Skenk kospakkies met die volgende inhoud: mieliepap, suiker, rys, konfyt, noedels, langlewe melk, boontjies, mielies, gemengde groente, pakkies soppoeier, koffie en tee. Of maak ʼn finansiële bydrae vir die kospakkies. Jy kan ook weekliks gekookte kos maak wat aan 1 of meer gesinne geskenk kan word.

Skenk jaarlikse skryfbehoeftes: Uitdraai kryte, Pritt, Wit A4 papier, Hardeband skryfboeke

Gebruikte skryfbehoeftes, skooltasse, pennesakkies is ook welkom

Kersete vir bejaardes

Aan die einde van elke jaar hou ons ʼn kersete vir +- 50 bejaardes. Tydens hierdie geselligheid gee ons aan elkeen ʼn kersgeskenk in die vorm van geskenkbewys en sou ook graag aan elkeen ʼn kospakkie wou gee.

Raak betrokke: Help met die reëlings van die ete self of om die geskenke en kospakkies te koop en te organiseer

Kontak

Elize Basson – 082 656 3747

Ds. Riaan de Villiers – 084 795 2223 / [email protected]

Maak 'n bydrae

Maak ʼn bydrae direk aan ACVV (Artikel 18A sertifikate beskikbaar):

ACVV Skiereiland/Peninsula
ABSA
Rek no: 4049397634
Takkode: 632005