Senior Jeug

Hoe werk kategese / tiener omgeegroepe?

Jongmense of tieners reageer besonder goed op goeie verhoudings. Daarom is ons tiener kategese of omgeegroepe spesifiek gefokus op die vestiging en bou van verhoudings – met mekaar, met hul groepleier en met die breër gemeenskap waar ons hulle aanmoedig om te dien.

Om ons te help met die bou van hierdie besonderse verhoudings, het ons groepe wat op ʼn Sondagaand bymekaarkom. Ons het groepe vir graad 6 tot graad 10.

Hierdie groepe kom by die Kloofstraat sentrum (Kloofstraat 55) bymekaar en word hoofsaaklik deur jongwerkendes gefasiliteer. Hierdie jonger groepleiers is op ʼn ideale lewensfase om verhouding met die tieners te bou en positief op hulle verhouding met die Here Jesus in te bou. 

Hartklop

Na die kleingroepe bymekaargekom het, sluit hulle aan by ons Hartklop aanbiddingsdiens wat hoofsaaklik op jongmense gefokus is, met ʼn aanbiddingstyl wat deur ʼn band gefasiliteer word. Die diens is by die kerkie in Kloofstraat (Kloofstraat 55A) en daarom gerieflik om sommer van kategese groepe af oor te stap kerk toe saam met hulle groepleiers en vriende. Op hierdie manier word daar ook ruimte geskep vir die tieners om ʼn spasie in kerk te hê waar hulle tuis voel en graag wil wees.

Kampe

Ons is mal daaroor om te kamp! Ons glo dit is ʼn wonderlike geleentheid om verhoudings te bou, die lewe saam te geniet, uitgedaag te word en meer te leer. Ons kampe het ʼn goeie balans tussen baie pret en speel en ook ernstige ontdek en leer oomblikke. Ons gaan kamp elke jaar saam met ʼn paar ander gemeentes uit ons ring by Noordhoek. Die verhale en getuienisse wat gedeel word is werklik iets spesiaals.

Uitreike

Ons gaan jaarliks saam met Isibindi op ʼn uitreik na Calitzdorp. Hierdie uitreik is ‘n besonderse manier om verhouding met die jongmense te bou asook om hul bloot te stel aan verskillende groepe mense en veral ook ander jongmense. Dit gee hulle ook geleentheid om te kan verwoord hoe en wat hulle oor Jesus glo. Uitreike is n besonderse waardevolle deel van die bediening en ons is opgewonde om dit hopelik weer hierdie jaar te kan doen.

Kategese inskrywingsvorm

    Van:
    Doopname:
    Noemnaam:
    Sel nr.:

    Graad:
    Geslag: SeunDogter

    Verjaarsdag (dd/mm/jjjj):

    Doop datum (dd/mm/jjjj): Doop gemeente:

    Ouer 1 / Voog se naam & van: Ouer 1 / Voog selnr: Ouer1 / Voog e-pos adres:

    Ouer 2 / Voog se naam & van: Ouer 2 / Voog selnr: Ouer 2 / Voog e-pos adres:

    Is julle lidmate by:

    Toestemming van ouer/voog:
    Hiermee gee ek, ouer/voog van bg., toestemming dat hierdie gemeente my kind(ers) se inligting soos hier voorsien mag stoor in hulle Winkerk program en ander jeug databasisse vir solank soos die gemeente en/of sinode die inligting benodig.

    Toestemming om elektroniese kommunikasie te ontvang.