Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Adopt a Granny

Stel jouself voor om op ’n gevorderde ouderdom alleen in die wêreld te wees. As Christene is geroep om vir oumense om te sien, hulle te versorg en by te staan.

By Monte Rosa tehuis vir bejaardes is geleentheid om jouself diensbaar te maak vir iemand met die beheofte tot geselskap en kameraadskap.

Daar is ‘n anatal eensame mense by Monte Rosa geidentifiseer vir wie ons ‘n vriend of vriendin soek om vir hulle iets te beteken. Ons het reeds ‘n paar vrywilligers uit die gemeente gekry om hierdie
bejaardes “aan te neem”, maar die beheofte is steeds groot. deur vir hulle te gaan besoek en om te gee.

Die van ons wat reeds ons mense besoek het, ervaar wedersyds dat dit ‘n wonderlike verrykende ervaring is. Ons werkendes is so vasgevang in ‘n leefstyl van gejaagdheid, en juis daarom is dit só goed om net by ‘n bejaarde te gaan sit en tot stilstand kom. Net om te luister na die interessante stories van die gryse voor jou, is geweldig sinvol en vredevol. Ons kan soveel by hulle leer, omdat hul eindelose ervaring en wysheid het.

Ek kan hierdie verbintenis aanbeveel, omdat mens weet dit beteken vir albei van julle iets wat woorde nie kan beskryf nie.

As jy gelei voel om deel te neem aan hierdie inisiatief, kontak Nicolene 084 208 5652.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam