Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Afrikaans én Xhosa in Groote Kerk

Daar is vlietende oomblikke in die lewe waarin jy besef die lewe maak sin, en dat alles OK gaan wees. Dié oomblikke kom gewoonlik onverwags en verdwyn so vinnig as wat dit gekom het.

Op Sondag 14 Arpil het ek só oomblik beleef in Groote Kerk, toe die Makhaza Wykskerk van Kayelitsha se koor by ons kom optree het. Hulle koorsang was wonderlik en hulle sterk stemme het die hele kerk gevul met akoestiese perfeksie.

Maar die oomblik waarvan ek praat het eers later gekom, na Gideon se preek, toe ons in Afrikaans en Xhosa die slotlied sing. Om in Groote Kerk te hoor hoe pragtig ALMAL SAAM sing in twee besonderse tale, het my laat voel God is on beheer, Hy het ’n plan, hy bring mense bymekaar en Hy weet wat hy doen. Hoe gerusstellend is dit nie?

Ons vriende van Makhaza se besoek was voorwaar voortreflik en sal lank in ons geheue bly.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam