Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Belydenisaflegging Sondag 15 Mei

“Dit was toe ek my eerste pak klere gekry het.”

“Ek was vreesbevange – al daai kwaai ooms het my uitge-freak.”

“Ons het ‘n klomp Bybelversies uit ons koppe geken.”

“Ons het nog toets geskryf!”

“Ek het gehoor ‘n mens kry nie werk nie of kan nie gaan studeer as jy nie voorgestel en aangeneem word nie.”

Dit is van die sê-goed wat ‘n mens nou nog hoor as mense terugdink aan hulle belydenisaflegging. Ten spyte daarvan raak mense steeds nostalgies oor die “goeie ou dae” toe ons dit nog “ordentlik” gedoen het!

Die kinders wat vandag belydenis van geloof aflê loop ‘n mooi pad met die Here. Hulle is onder geen of baie min dwang om dit te doen– veral nie van die kerk se kant af nie. Hulle is eerlik en opreg en doen dit sonder enige bymotiewe. Hulle ken dalk nie die Bybel so goed nie, maar hulle ken die God van die Bybel. Kinders wat vandag Belydenis van Geloof aflê is man vir man (vrou vir vrou) baie meer geestelik volwasse as die wat dit in die ou bestel gedoen het. ‘n Mens wonder waar is die mense wat 30, 40, 50 jaar gelede “voorgestel en aangeneem” is? En tog word daardie ou bestel deur sommige steeds met groot lof besing.

Aan elke ma en pa, aan elke seun en dogter: dat jy gedoop is is iets baie groots. Dat julle belydenis van geloof aflê en so op julle doop antwoord, is netso groot. Hou aan volhard op die mooi en goeie pad wat jy met die Here loop. Om op te staan en te sê dat jy glo is om verantwoordelikheid te neem vir jou eie geloof en vir die mense naaste aan jou se geloof. Moet dit tog nooit afskuif op die kerk of enigiemand anders nie. Sisteme en stelsels kom en gaan. Agter dit is ‘n God wat ons liefhet en so ernstig daaroor is dat Hy dit in ‘n kontrak (verbond) wil verwoord. Deur jou handtekening ook daarop te plaas laat jy die hemele juig. Dit is wat belangrik is.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

Gesels saam