Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Calvyn, Rick Warren, En Israel

Dit voel asof ek by die musiekale vraag staan of die hoender belangriker is as die eier, of anders om. Wat is aanvaarbaar vir die kerk: “Kerkmusiek” of bloot “musiek”? Is daar, en behoort daar ’n verskil tussen die twee te wees? Is enige musiek aanneemlik vir God? Frank Burch Brown het ’n artikel geskryf oor Calvyn se idees rondom musiek en dit het my aan die dink gekry…

Calvyn het baie nougesette idees gehad rondom musiek en watter musiek in die kerk gespeel behoort te word. Die eerste belangrike punt om te weet is dat Calvyn nie eintlik na musiek geskei van teks gekyk het nie. Die twee het een geheel gevorm. Die volgende punt is dat Calvyn gereflekteer het oor vier tipes musiek, naamlik: musiek wat bedoel is vir die kerk; eksplisiet gelowige musiek vir gebruik buite die kerk; sekulêre musiek wat gebruik is vir vermaak maar wat steeds “in God” geniet kan word; en wêreldse musiek wat, in Calvyn se woorde, “perverts good morals” en mense weglei van God af.

Calvyn se idee met musiek is dat dit vreeslik eenvoudig behoort te wees, en dat die fokus of die teks van die musiek moet wees. In sy opinie was die beste teks sonder twyfel Bybels gewees, en meer spesifiek was die die Psalms. Hy sê dat wanneer ons die woorde van die Psamls sing, “we are certain that God puts the words in our mouths, as if He Himself were singing in us to exalt His glory”.

Calvyn was dan ook bekommerd oor die emosionele effek wat musiek op ’n mens kan hê, dus sy siening dat musiek super eenvoudig behoort te wees. Hy meen dat die melodië wat ons sing “should be moderated in the manner which we have adopted, to carry gravity and majesty appropriate to the subject”. Op hierdie punt was Calvyn ook sterk beïnvloed deur Augustinus. Brown skryf dat “Calvin’s austerity also derived from his recent reading of book 10 of Augustine’s Confessions. There Augustine worries about the emotional impact of the songs he had sung in church, and expresses his determination to avoid the temptation to dwell on the beauty of the music rather than on the truth of the sacred words themselves. Indeed, Augustine, for all his love of music, could barely bring himself to approve of singing in church. That distrust of the seductive power of music as such, along with the absolute priority that Augustine placed on the sacred text, only reinforced the humanistic tendency within Calvin and others of his time to insist that music serve the words, rather than the other way around”.

Ons kan sien dat Calvyn se idee rondom musiek baie fokus op die teks en meen dat die musiek bloot daar is om die woorde verder op te lig. Rick Warren, die skrywer van The Purpose Driven Life, het weer die teenoorgestelde mening wanneer dit by musiek kom. Hy sê: “Worship has nothing to do with the style or volume or speed of a song. God loves all kinds of music because he invented it all—fast and slow, loud and son, old and new. You probably don’t like it all, but God does! If it is offered to God in spirit and truth, it is an act of worship”.

Waar los dit ons dan nou? Een van die grootste teoloë wat geleef het, teenoor een van die invloedrykste teoloë van ons tyd. Na wie luister ons? Ek dink daar is meer om te sê hieroor as bloot twee kontrasterende opinies. In Amos 5 lees ons hoe Israel die ongeregtigheid wat in hul samelewing plaasvind ignoreer, hoe hulle afgode aanbid, en bloot nie vra na God se wil nie. Die profeet sê vir die volk dat God nie hulle offers wil hê nie en dat Hy hulle feeste verafsku. En dan in vers 23-24 skryf hy “Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ‘n standhoudende stroom”.

Is dit nie eintlik waaroor dit gaan nie? Moet ons nie ophou stry en baklei oor watter musiek ons sing of nie sing nie? Want as daar ongeregtigheid in ons gemeenskap is terwyl ons dit ignoreer kan ons sing en musiek maak tot ons blou is, dit sal nie wees wat God wil hê nie.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam