Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Is ons gasvry?

Wanneer mense by ’n plek aankom (byvoorbeeld ’n kerk) en niemand ken nie, en nog nie besluit het of hulle weer sal terug gaan nie, word daardie besluit in baie gevalle gebasseer op hulle heel eerste ervaring van daardie plek. Wat is dit wat mense in die heel eerste plek ervaar wanneer hulle by ons gemeente aankom? Hoe hulle gegroet word by die deur…

Gasvryheid is ’n onsaglik belangrike bedieningspunt in ’n gemeente, en as dit nie is nie verstaan ek nie hoekom nie! Christus se hele bediening het daaroor gegaan om alle mense welkom te laat voel en in te sluit by Hom. Die groot vraag wat ons dan in die eerste plek moet vra is ‘wat is gasvryheid?’.  Henry Nouwen skryf die volgende oor gasvryheid: “Hospitality, therefore, means primarily the creation of a free space where the stranger can enter and become a friend instead of an enemy. Hospitality is not to change people, but to offer them space where change can take place…. The paradox of hospitality is that it wants to create emptiness, not a fearful emptiness, but a friendly emptiness where strangers can enter and discover themselves as created free; free to sing their own songs, speak their own languages, dance their own dances; free also to leave and follow their own vocations. Hospitality is not a subtle invitation to adopt the life style of the host, but the gift of a chance for the guest to find his own.”

Kan ons dan praat oor musiek en gasvryheid, en as ons antwoord op daardie vraag ’n positiewe een is, hoe praat ons oor musiek en gasvryheid in dieselfde asem? Die belangrikste rol van musiek is om ’n ruimte te skep waar almal vry is om God te ervaar beide deur die musiek en deur ander mense wat besig is om Hom te aanbid. Dit beteken dat daar fyn beplan moet word aan watter liedere gesing word, en hoe dit aangebied word. Die konteks waarin ons is bepaal die styl van musiek. Hiermee bedoel ek nie dat die styl van ons musiek totaal anders behoort te wees nie, maar dit help nie ons probeer een generiese klank na te boots nie! Anne Yardley gebruik ’n treffende beeld om ons te help hiermee. Sy skryf: “If we imagine different styles of music as different types of food, the liturgists in the above scenario need to find ways in which they can incorporate some food of the local neighborhood without changing the diet so radically that longtime members suffer from indigestion”.

Die kwaliteit van die musiek wat ons maak speel ook ’n groot rol daarin of mense gaan laat welkom voel al dan nie. Is dit nie beter om ’n bekende gesang baie goed te speel as om ’n populêre lied “okay” te speel nie? Daarby las ek natuurlik ’n stertjie aan wat lui dat ons nie net enige liedere kan sing nie, maar liedere wat teologies goed is behoort te sing. Dus is dit nodig om op tye nuwe liedere aan te leer.

Ek dink musiek kan gasvryheid kweek deur bloot gemaklik te wees. Daar hoef nie twintig instrumente gelyktydig te speel nie, en ons hoef nie Hillsongs se musiek te speel nie. Deur ’n gemaklike atmosfeer te skep, sal daar ’n ruimte ontstaan waar elkeen God kan ervaar. “Music is one of the parts of the service that can really cause a visitor to feel like an outsider”. Die teenkant hiervan is natuurlik ook waar: “Through the sense of harmony it imparts, music has an uncanny ability to bring the body into equilibrium when we have lost a sense of balance”. Mag ons elke dag daarna streef om mense welkom te laat voel by ons; nie net in ons eredienste nie, maar ook waar ons elke dag beweeg.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam