Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Wees stil en weet

“Daar is ‘n tyd om stil te bly…” Wat is dit? Ons is goed vertroud met die tye van werk en kuier en besig wees, maar weet ons werklik hoe om stil te wees in ons gejaagde lewens? En terloops, waarheen lei hierdie besige, gejaagde lewe jou? En sal jy nie dalk dit wat jy so intens najaag in stilte vind eerder as in gejaag nie?

Job was ‘n gelowige man wat nie sonde gedoen het nie, en wat baie lief was vir God. Die Satan sê toe die rede hiervoor is eenvoudig: God beskerm Job.

God sê toe vir Satan dat Job se lewe in sy hande is, maar dat Job net nie mag sterf nie. Job verloor toe al sy osse, donkies, kleinvee, en sy kamele; sy kinders word deur die dood van hom af weggeneem, en by dit word sy hele lyf oortrek met pynlike swere. Job is met niks gelaat. Sy vriende sê vir hom hy moet bid om vergifnis, maar Job weet dat hy nie gesondig het nie. En so probeer Job uitpluis hoekom al hierdie dinge met hom gebeur het. Hy probeer sy bes om dinge met sy vriende uit te redeneer om op hierdie manier ‘n antwoord te kry, maar al sy gepraat help hom niks nie. Na al Job se gepraat en redeneer oor sy onskuld en die rampe wat hom getref het, vra God vir hom: “Wil jy ‘n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf? Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!” Job kom toe tot die volgende insig: “Ek is nie opgewasse teen U nie; Hoe sou ek U kom antwoord? Ek sal liewer stilbly. Ek het gepraat, maar ek kon nie ‘n antwoord vind nie, ek het weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly.”

Mahatma Ghandi het gesê: “In the attitude of silence the soul finds the path in a clearer light, and what is elusive and deceptive resolves itself into crystal clearness. Our life is a long and arduous quest after Truth.” Dit was eers na Job oorgegee het en sy gepraat eenkant toe geskuif het wat God hom twee keer meer gegee het as wat hy van tevore gehad het. “In the attitude of silence…”

Wanneer Israel in ballingskap is skryf Jesaja die volgende aan die volk: “So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” As gelowiges word ons nie geroep daartoe om die besigste mense op aarde te wees sodat ons die wêreld ‘n beter plek kan maak nie. Doen die dinge wat jy moet doen, maar maak tyd om stil te wees en tot rus te kom. Dit is waar ons krag lê, nie in hoeveel ons doen nie, maar in ons stil wees en vertrou op God. St. John of the Cross skryf: “What we need most in order to make progress is to be silent before this great God with our appetite and with our tongue, for the language he best hears is silent love.”

In ons besige, gejaagde tyd waarin ons leef, het ons die geleentheid om vir mense ‘n alternatief te bied en te wys dat daar ‘n rustiger manier van leef is. Die belangrike ding is dat ons dit net eers self weer herontdek. “We need to find God, and he cannot be found in noise and restlessness. God is the friend of silence. See how nature – trees, flowers, grass- grows in silence; see the stars, the moon and the sun, how they move in silence… We need silence to be able to touch souls.” – Moeder Teresa

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam