Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Dankie Mnr McDonald!

Mnr en mev McDonald verlaat op 28 Februarie 2013 die kerk se diens na 18 jaar. Ons dank aan hulle vir die jare van getroue diens waar hulle meer gegee het as wat van hulle verwag is, aangesien hulle ook lidmate van die Groote Kerk is en dan is dit nie sommer net ‘n werk nie.

Hulle het altyd wat hulle aangepak het met toewyding en liefde gedoen en daarvoor sê ons spesiaal dankie.

Ons wens hulle net die mooiste toe vir die toekoms en hoop dat hulle die nuwe deel van hulle lewens sal geniet. Hulle bly steeds lidmate en ons sal hulle daarom nog gereeld sien.

Daarom sê ons weer eens baie, baie dankie en tot weersiens!

Rocher du Toit (orrelis) saam met Mev en Mnr McDonald

Die nuwe koster, Nico Schoeman en sy vrou Marthie saam met Mnr en Mev McDonald.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam