Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

De Waveren Kamp Noordhoek

Op Maandag 9 Desember het tien van ons gemeente se jongmense en ‘n paar
volwassenes by Noordhoek gearriveer om die kampterrein gereed te kry vir die
55 kinders van Laerskool De Waveren wat vir die week sou kom kamp. Almal was
opgewonde en het uitgesien daarna om die kinders te ontmoet. Uiteindelik het
die bus gearriveer teen 12:00 met 55 pare groot oe wat deur die vensters
loer na die “ooms en tannies” wat op die gras gestaan en wag het.

Die ys is onmiddelik gebreek, en die klanke van 70 opgewonde skreeuende en
laggende kinders het die kampterrein gevul. Dit was ‘n week vol pret,
aktiwiteite en baie drukkies. Ons het geswem, geeet – sjoe ons het baie
geeet – daar was moeilike spanwerk uitdagings, daar is saamgesing en ons het
geleer hoe Jesus ‘n mens se lewe deur Sy liefde kom nuutmaak. Vrydag is daar
gegroet en die trane het gevloei toe almal weer op die bus klim. Wat ‘n
heerlike – en uitputtende – week, ons hoop om einde van die jaar weer so te
maak.

Dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om die kamp moontlik te maak.
Dankie aan die wat hul tyd gegee het om daar te wees, die wat die aankope
gedoen het, almal wat vir ons gebid het. Dankie aan die persoon wat die
rugsakke geskenk het, die kinders was baie dankbaar daarvoor en het dit baie
waardeer, dankie ook aan die persoon wat die spitbraai geborg het, die
kinders het omtrent hulle lippe afgelek.

Hier is enkele gedagtes wat die kinders gedeel het na die kamp:

“Ek het geleer jy moet jou lewe vir die Here gee, ek sal dit altyd onthou”

” Ek het geleer om saam met ander te werk in ‘n groep. Die swem was vir my
die lekkerste. Ek sal altyd die kamp onthou. Dankie vir alles wat ons gekry
het.”

“Ek het daarvan gehou om te swem, ek het baie van die kos gehou en die Bybel
lesse”

“ek het gehou van die kos wat die tannies gemaak het. Die leiers was die
beste leiers. Ek het lekker sport gespeel. Ek het baie lekker geslaap.”

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam