Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Die opening van Makhaza wykskerk in Kayalitsha

‘n Godservaring in Kayelitsha.

Die opening van die nuwe kerkgebou in Makhaza in Kayelitsha was ‘n ondervinding wat nie gou vergeet sal word nie.

Die gebou is eenvouding, maar die mense glad nie, hulle is passievolle Christene wat met toewyding die Here prys, en hulle is só trots op dié gebou. Die kerk wat hulle self gebou het, al het hulle jare lank nie genoeg geld gehad om dit te doen nie. Die kerk wat uiteindelik vir die mense van Makhaza ’n tuiste is om te aanbid. Dié kerkgebou is ‘n teken van die geskiedenis en die storie die geloof, en die hoop van die mense van Kayelitsha.

Dominees Ab Ijzerman vertel dat die die plot toegestaan is en slegs twee maande later, bars die kerk uit sy nate! “As daar ’n gebou is, sal die mense kom!” Hoe baie kan ons nie hierby leer nie?

As mens die dag in een word moet probeer opsom, is DANKBAARHEID beslis die beste keuse. Die kerkraad, en gemeentelede het gestraal daarvan. Dit was regtig ’n dankseggingsfees.

As die voorsanger ’n nuwe lied begin sing, val die res van die gemeente soos één man in, en dan síng hulle. Met oorgawe sing hulle die liedjies uit hulle koppe, sonder projektors of boeke, hulle kén die liedjies. Elke stamp van die voet en klap van die hand se tydsberekening is perfek, sonder uitsondering. En jy staan daar met hoendervleis op jou arms en besef: DIE HERE IS HIER!

Soos een van die sprekers tereg gesê het: “Ons is julle en julle is ons. Net soos wat ons hier dien, dien julle waar julle vandaankom.” Net soos wat hulle die oë, ore en voete van Jesus in Khayelitsha is, is ons die oë, ore en voete van Jesus in Kaapstad.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam