Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Oggend vol inspirasie

“Die Vreemdeling” sing-gesels op Wêreldbiddag vir Vroue

Annalise Wiid het ons kom seën met ’n bekoorlike oggend waar ongeveer 80 vrouens saam was om saam te sing en saam te bid. Annalise straal van God se liefde en Sy kalmte, en sy het almal teenwoordig daardie vrede laat vóél.

En wat ’n voorreg was dit nie om al die onderwyseresse van Hoërskool- en Laerskool Jan van Riebeeck by ons te kon hê. Hulle vervul so ’n  merkwaardige rol in ons uitdagende samelewing en gebed vir hulle, en hul beroepe, van kardinale belang.

Die tema teks was Matteus 25:35: “Ek was dors en jy het my water gegee, ek was honger en jy het my gevoed, ek was n vreemdeling en jy het my gehuisves.”

Almal teenwoordig was gekonfronteer met die vraag oor hoe hanteer ons die persoon in ons samelewing wat verwerp, of anders is, en hoe was ons al vantevore hanteer waar ons die vreemdeling was…

Indien ons al ons identiteit in Christus gevind het is dit ons plig om ’n spieël te wees sodat ander ook hul ware identiteit en potensiaal in Jesus kan ontdek. Dankie aan Nicolene van Rooyen en Annalise Wiid om so ’n geleentheid te skep waar die Gees so welkom was en ons almal se harte nie net aangeraak het nie maar ook kom transformeer het!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam