Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Drie weke, 450 km, ’n vreemde land, twee voete…

Gideon de Wit, een van Groote Kerk se leraars, het onlangs die Camino pelgrimstog gaan stap. Dit was ’n skielike besluit om alles te ‘pause’ en vir drie weke in die sneeu en berge van Spanje sy lewe agter mekaar te kry.

Die Camino is ’n gewilde pelgrimsroete wat die eerste keer deur die apostel Jakobus gestap is. Daar is ook verkeie roetes en lengtes. Mense gaan op dié tog vir verskillende redes: om God te ontdek/herontdek, om die dood van ’n geliefde te verwerk, om iets in jou lewe te vier, om te rou, om verhoudings te versterk of om groot besluite te maak…

So is Gideon hier weg met gemengde gevoelings sonder om te weet wat om regtig te verwag. “Die eerste week is ek gekonfronteer met al my swakste punte. Ek hou nie van koue nie, en dit het konstant gesneeu. Ek hou nie daarvan om alleen te wees nie, en soms het ek vir dae lank nie ander mense gesien nie. En ek wil altyd in beheer wees, en daar is mens glad nie in beheer nie. Jy weet nie wat langs die pad vir jou voorlê nie…”

Hy vertel dat hy homself amper mal gedink het terwyl hy so geloop en geloop het. “Tot ek besluit het om alles aan God oor te gee, te ‘let go and let God’.” Hy het besef sekere goed moet gelééf word, nie gedink word nie.

Toe maak die woorde van Matteus 6 vir die eerste keer in sy lewe vir hom sin. God sorg wél vir die voëls en die lelies, so Hy sal vir my ook sorg… “Toe wórd ek die lelie in die veld, ek dink nie net daaroor nie… En daar draai alles toe om, die sneeu hou op, daar is skielik meer mense langs die roete en stadig maar seker sypel die selfaanvaarding ook in!”

’n Hoogtepunt was vir Gideon toe hy by Rabanal, omtrent halfpad langs die roete, ’n klippie wat hy van Kaapstad af saamgeneem het onder die massiewe kruis daar kon neersit, en dit wat sleg is in die verlede los en die toekoms kon instap. Ligter, verlos, kosbaar.

Twee lesse wat Gideon graag wil deel is:

  1. God sal altyd vir jou sorg soos vir die lelies in die veld, maak nie saak wat nie.
  2. Wees lief vir jouself. Liefde vir ander, sonder selfliefde, is toksies. Jy moet besef jy is kosbaar… Dan word liefde vir ander eg.

Aan die einde van die pelgrimstog in San Diago is daar ’n groot katedraal waar die pelgrims saam nagmaal gebruik. “Dit is waar die fisiese reis eindig, maar eintlik hou die reis nooit op nie,” vertel Gideon.

Almal is op ’n ‘journey’, jy en almal rondom jou, en só is ons almal verbind aan mekaar…

Kom luister Sondagaand 19:00 by Groote Kerk na meer stalkies en stories oor Gideon se ‘journey’.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam