Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

GEBEDSAMBREEL

VAT VYF  (minute vir gebed!)

Met die skoolvakansie op hande gaan heelwat van ons mekaar dalk vir ‘n geruime tyd nie sien nie.
Deur gebed kan ons egter  in verbinding bly.  Ons as leiers wil die volgende voorstel:

Die Vat Vyf Gebedsplan. 

Identifiseer  5 gesinne of persone vir wie jy geroepe voel om te bid.  (Hulle hoef nie probleme te hê nie – almal het gebed nodig!)

As jy nie weet wat om vir hulle te bid nie – gebruik  BLESS.  Dit staan vir –
Body (gesondheid, ouderdom, siekte enigiets ivm dit)
Labour (werk, werksure, werksbevrediging, werk-spanning, enigiets oor werk)
Emosies  (stress,  psigiatriese probleme, angstigheid, vrese, ens.)
Sosiale lewe (huwelik, gesin, vriende, sport, klubs ens)
Spirituele lewe (verhouding met die Here, geestelike groei, kerk-betrokkenheid ens.)

Skryf die name op ‘n paar kaartjies wat jy opsit bv teen ‘n spieël,  by die mikrogolf,  langs die motor se stuurwiel,  agter jou selfoon, voor jou bed,  ensovoorts.
Vra vir die Here wanneer jy na die name kyk vir wie jy moet bid en wat spesifieks vir daardie dag.
Dink dalk aan ‘n spesifieke Kerstyd-gebed vir elkeen van daardie gesinne of persone.
Na die vakansie kan ‘n mens dalk met mekaar kontak maak en noem dat jy vir hulle gebid het.
Jy kan dit ook voor die tyd doen.

Kom ons droom… van ‘n gebedsambreel –  oopgemaak  oor elke lidmaat van die Groote Kerk Kaapstad.
Niemand vir wie daar nie gebid word nie.  Niemand wat nie bid nie.

‘n Beter Kersgeskenk sal jy nie kry nie.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam