Hobby Clubs

Hobby Clubs

Hobby Clubs bring mense nader

Soms is dit makliker om iemand in ’n sportspan te betrek as om hom in die kerk te kry. Die gedagte laat mens nogal dink, nê!

So ruk terug het ons net weereens tot die besef gekom dat “kerk” nie gebou gebonde is nie. “Kerk” is oral, maak nie saak waar jy jouself bevind nie, jy kan in die gemeenskap van Christus “kerk” hou op enige plek en saam met enigiemand.

Dié beseffing het ’n wonderlike idee laat ontstaan om mense te bedien en te bereik waar hulle gemaklik is, waar hulle graag tyd spandeer. Ons noem dié konsep Hobby Clubs.

Ons lewe in ’n stad waar dit so maklik is om verby mekaar te leef. Maar in dieselfde asem bly ons in ’n stad waar almal deelneem aan iets interessant, met eindelose moontlikhede om nuwe mense te ontmoet. Dis soveel makliker om met mense te praat oor God as hulle besig is om Sy natuurskoon of gawes te geniet.

Die bekendstelling van die Hobby Clubs is nog besig om op die been te kom. Dit is iets wat organies moet onwikkel, en juis daarom gebeur dit vanself op onvoorspelbare en ongewone plekke. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om ander mense wat nie glo nie, of nie gereeld kerk toe gaan nie, te nader deur gemeenskaplike belangstellings as ’n aanknopingspunt te gebruik. Maak nie saak of jy oud of jonk is nie, daar is mense in Kaapstad met dieselfde belangstellings as jy!

Wil jy graag betrokke raak?

Skakel vir Marileze Strauss by marileze.strauss@zando.co.za, sy het ’n lys van Hobby Clubs wat reeds bestaan, en sy weet wie almal belangstel om hul aktiwiteite en stokperdjies met ander te deel.

Begin gerus ook jou eie groep en nooi ander mense saam, ons maak graag afkondigings en deel dit op die gemeente se sosiale media platforms.

Hobby Clubs wat reeds bestaan is onder andere ‘n rotsklim-klub, fietsry-klub, volleyball-klub op Clifton se vierde strand in die somer, naaldwerk-klub en ‘n hekel/brei-klub.

Moenie skroom om hierby betrokke te raak nie!


Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam