Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Groote Kerk ondersteun die Volmoed Youth Leadership Training Programme

Van 22 Mei tot 28 Julie 2016 het 14 jong volwassenes hul lewens opgepak om saam te woon op Volmoed, ‘n gemeenskap van genesing en versoening in die Hemel-en-Aarde-Vallei in Hermanus. Hierdie 11 Suid-Afrikaners, 2 Noord-Amerikaners en 1 Palestyn het geleer wat dit beteken om as ‘n liefdesgemeenskap saam te woon en om hul leierskapsvaardighede te verskerp. Hierdie 10 weke program is ‘n samewerking van verskeie organisasies, kerke en instansies wat glo in die visie van jeug-leierskap. Die vyf temas wat gedek word in die program is Gemeenskap, Heelheid en Genesing, Skepping en Kreatiwiteit, Vrede en Geregtigheid, en Versoening. Teologiese refleksie het die basis gevorm van die program, en dit was veral die diversiteit in die groep wat die gesprekke baie waardevol gemaak het. Die boodskap van Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu aan die groep jongmense in die eerste week het een van die kern fokuspunte geword: “Make South Africa beautiful, especially for the poor”. Die program is finansieel ondersteun deur beide Hartklop en die Hoopfonds. Een van ons gemeentelede, Louis van der Riet, is deels verantwoordelik gewees vir die organisering van die program.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam