Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Groote Kerk se lig skitter

Ons het hierdie week op Kerkplein gesien hoe ‘n klein liggie/gebaar helder kan skyn in die donker stad. Infecting the City Festival se Lig Orkes op die plein voor die kerk het ons laat besluit om tee en koffie vir belangstellendes daar uit te deel.

Ons het verwag dit gaan ’n skouspelagtige kunswerk wees van lig en musiek wat saam ons asems sou wegslaan. In die plek daarvan was die ligte op die plein maar aan die flou kant… Tog het daar iets merkwaardigs gebeur. ONS lig het sterk geskitter op die trappies voor die kerk. Mense, toeriste, belangstellendes en nuuskieriges het in toue gestaan om koffie, tee en sap te kom kry. Ons het werklik waar ‘geconnect’ met die mense, ons kon met trots sê: “Kom binne, kom kyk ons pragtige historiese gebou, kom les jou dors, kom gesels saam oor jou liefde vir kuns, geskiedenis en Kaapsatd…” En sonder twyfel kon elkeen wat sy dors kom les het, sien dat ons gemeente LEWENDIG is, dan ons inderwaarheid in liefde DIEN.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam