Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Helloooooo Groote Kerk Familie!

Wat ‘n vreugde en voorreg om deel te mag word van so ‘n LEKKER span en gemeenskap!

As Jeugwerker sien ek vreeslik uit om die “ou” gevestigde strukture en bande op te tel en ‘n paar “nuwes” te skep en ontdek. Saam met Riaan en Johan werk ek ook graag daaraan om ons kerk-familie se bande nader aan mekaar te trek en die jongmense te help tuiskom in die gemeente.

As jy ‘n liefde en passie het vir jongmense/kinders óf self nog ‘n jongmens is (of wil wees) en wil inskakel, bestaan die volgende geleenthede reeds:

Kampsbaai kinderbediening (Kidz Corner)
Hoërskool-groepe, Gr.6-7 groep, Vrydagaand-kuiers (Groovy Groups).
Ons beplan ook senior en junior jeugkampe vir die nabye toekoms.

Ek nooi jou graag uit om deel te word of in te skakel by enige van die bg bedieninge.

Op ‘n persoonlike noot: Ek is ‘n diere- en natuur-liefhebber wat mal is oor geurige koffie, goeie wyn, lekker kos, sjokolade, bordspeletjies, fliek en samesyn… Vir enige van die bg mag jy my uitnooi.

Kontak my gerus by: 083 541 5210 of biankabotha@gmail.com
(Ek sien uit na ‘n baie vol “inbox”)

As jy my beter wil leer ken, maar nog nie kans sien vir ‘n koffie, “stalk” my gerus op Facebook of op Instagram by @b_in_your_bonnet

Groetnis,
Bianca

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam