Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Hoërskool Jan van Riebeeck spanbou-dag

Op 28 Februarie het die Gr. 11’s en Gr. 12’s van Hoërskool Jan van Riebeeck in De Waal Park ’n spanbou-dag gehad. Dié dag is gereël om seker te maak die twee senior Grade van die skool kom goed oor die weg en dat die jaar glad sal verloop sonder enige wrywing.

2013 se Kabinet (prefekte) wil graag nuwe tradisies by die skool vestig en daarvoor het hulle die Gr. 11’s se hulp en ondersteuning nodig. Hulle wil seker maak dat volgende jaar se leiers moet voortbou op dié nuwe idees.

Aangesien die skool nie baie groot is nie, sal dit goed wees as al die Grade goed oor die weg kom en  kan kuier en “bond”.

Die spanbou-dag was dus ’n geleentheid vir die kinders om mekaar beter te leer ken.

Hulle het lekker ken-mekaar speletjies en oefeninge gedoen in die Park, en daarna na die skoolswembad beweeg om te eet en lekker musiek te luister. Die kinders het later sommer begin dans en mekaar in die swembad gestamp – alles in ‘n goeie gees.

Aan die begin was die Kabinet effens bekommerd want toe almal in die saal bymekaar kom, het die Gr. 11’s en Gr. 12’s heeltemal geskei gesit en almal in verskillende groepies, maar aan die einde van die dag – na die dans en swem – toe hulle weer op die grasperk bymekaar kom om af te sluit, het almal in ‘n groot groep gesit! Mens kon glad nie die twee Grade uitken nie en dit was goed om te sien hoe almal net met mekaar gesels en kuier. En die gees was ongelooflik, almal het aan die einde net begin cheer en jy het net smiles gesien!

“Ek wens ons kan weer so iets reël, ek hoop regtig dat daardie gees en verhoudings behoue sal bly deur die hele jaar. Dis altyd lekker as die jonger Grade na mens opkyk en jy weet dat wat jy doen ook ‘n verskil vir hulle maak,” vertel Greta van Rooyen, een van die kabinetlede in Gr. 12. “Ongelooflik baie dankie aan Groote Kerk, namens al die Gr. 11’s en Gr. 12’s! ”

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam