Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Die Burgermeester kom kuier

Ons wil ons diensbaarheid as gemeente in Kaapstad vir die mense van die stad op praktiese maniere wys. In daardie lig het ons vir Patricia de Lille, die Burgermeester van Kaapstad, uitgenooi om een van ons oggenddienste in Groote Kerk by te woon. Die idee is om ’n oop kanaal tusen haar kantoor en ons gemeente te bewerkstellig sodat ons vir spesifieke kwessies kan bid, en betrokke raak waar ons kan.
Sy het ons uitnodiging aanvaar en sal DV 21 Julie ons erediens om 10:00 bywoon! Ons is werklik baie opgewonde hieroor. Ons gaan saam bid vir Kaapstad en as gemeente vir haar bid vir haar taak as Burgermeester van ons stad.
Teken die datum aan, en kom woon gerus hierdie spesiale geleentheid by.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam