Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kermis 2013 – 26 Oktober om 09:00 te Kloofstraat 55

Al die voorbereidings vir die kermis tot dusver beloof dit om ‘n heerlike kuierdag te wees.  Op die dag se spyskaart gaan oa wees:  Brekfisrolle, worsrolletjies, vetkoek, pannekoek, Rotis, Sosaties en roosterkoek, Bratwurt en Duitse bier, poeding, potjiekos @ R60 per ete (ka nook weggeneem word).  Daar is ook ‘n prys van ‘n R500-geskenkbewys van Sportsmans Warehouse  vir die persoon wat die meeste etekaartjies verkoop het.  Koop dus jou kaartjies betyds, aangesien daar net ‘n beperkte aantal kaartjies te koop is.

Tafels:  Gebak (beskuit, klein koekie, groot koeke, brood),  Ingelegde produkte, bier, wyn, koeldrank, tee, koffie, boeke, wit olifante, juweliersware, handwerk en nog vele meer.

Die wynveiling skop om 11:30 af.  Kom vul gerus jou wynvoorraad hier aan.

Daar is ook nog tyd om wyne te skenk.  Skakel gerus vir Leonie by 021 422 0569 indien ons dit moet kom afhaal.

Ons beplan ook hope KINDERPRET – springkasteel, skryfskiet, gesigverf, en nog vele meer.  Ons bied ook kinderteater aan:  Tillie, Thomas en die Tydmasjien.  Moet dit nie misloop nie!

HULP – Skakel Leonie om jou hulp aan te bied.  Ons het nodig:  bakkers, braaiers, mense wat kan opskep by die kostafel sowel as mense wat by die onderskeie tafels kan werk.

Moenie die dag misloop nie, want dit lyk soos VET PRET!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam