Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

KERSFEES 2013

Kerssangdiens Groote Kerk – Sondag 17 November om 19:00

TEMA: KOM PRYS HOM AL DIE NASIES!

Behalwe dat die gemeente ook heerlik sal kan saamsing aan die Kersliedere sal mens jou kan verlustig in optredes van die strykorkes, Windworx, Skotse Highlanders, soliste, die Pro Arte-koor, koor van die Hoër Jongenskool. Die orrelis is Roucher du Toit en die prediker Johan van Rooyen. Almal welkom!

Kerssangdiens Kampsbaai – 1 Desember 2013 om 09:00
Dit beloof om ‘n pragtige geleentheid te wees en die kinders is reeds hard aan die oefen. Almal welkom!

Kersliedere-geleentheid by Kloofstraat 55 op 8 Desember om 19:00

Ons beplan ‘n Kersliedere-geleentheid in Kloofstraat op 8 Desember om 19:00. Daar sal geen Hartklopdiens op 8 Desember by die Groote Kerk wees nie.

Ons beplan om die buitelug te geniet, so bring ‘n piekniekkombers saam as jy sommer op die gras wil sit. Daar sal beslis ook stoele en tafels wees. Daar sal ook ligte verversings bedien word, maar jy is ook welkom om ‘n piekniekmandjie t bring.

Nooi iemand saam om die heerliks aand te geniet. Almal welkom!

KERSPAKKIES VIR BEJAARDES

Ons wil graag weer soos die afgelope jare gedoen is, kerspakkies vir Monte Rosa gee sodat dit by hulle Kersete uitgedeel kan word. Die briefies met wat alles in die pakkie geplaas moet word, sal weer elke Sondag by die verskillende bedieningspunte beskikbaar wees.

Indien jy belangstel om aan hierdie projek deel te neem, nooi ons jou om ‘n briefie te neem. Bring dit dan terug na die kerk of besorg by die kerkkantoor teen 6 Desember sodat dit gereed is om uit te deel op 11 Desember.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam