Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kom ons laat die kerk se lig skyn – LETTERLIK!

As deel van die Infecting the City Festival wat 11-16 Maart in Kaapstad plaasvind, gaan ons deelneem aan ‘n LIG ORKES.

’n Lig Orkes is ’n fenomenale kunswerk wat deur al die geboue in ’n sekere gebied gemaak word deur hul ligte te laat ‘dans’ teen die duisternis. Só orkes word beplan vir Maandag 11 Maart en Woensdag 13 Maart van 20:30-10:00 in Kerkplein, waar Groote Kerk staan. Dit is dus vanpas dat ons kerkgebou, die fokuspunt van dié plein, daaraan deelneem.

Dit werk met enige toestel wat internettoegang het, soos ’n selfoon, tabletrekenaar of skootrekenaar. Jy stel dit volgens spesifieke aanwysings (wat ons daar sal verduidelik) op sodat die lig na buite weerkaats. Dan gaan jy uit en geniet die ongelooflike LIG ORKES saam met al die ander inwoners en belangstellendes op die plein.

Ons gaan koffie en tee voorsien in die plein om ons betrokkenheid as Liefdesgemeenskap aan die stadsmense te bewys.

Bring jou foon, of i-Pad, ons stel dit op en geniet ’n besonderse vorm van kuns wat nie dikwels te sien is nie!

Kliek hier vir meer inligting.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam