Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kom verdiep jou kennis van die Bybel

Ons het einde verlede jaar begin met ‘n groep entoesiastiese Bybel “studente” en saam nagedink oor die onstaan, samestelling, verstaan en toepassing van die Bybel in ons lewens, die ontmoetings was gekenmerk deur lewendige gesprekke oor die rol van die Bybel in ons lewens.
In Februarie gaan ons voort en ons fokus spesifiek op die eerste boek in die Bybel “Die begin…”. Kom sluit aan by ons en ontdek saam opnuut die verhalende kultuur van die Ou Nabye Ooste, die stories van die aartsvaders en moeders en hulle relevansie. Ons nooi jou om saam met ons te reis na die begin en iets nuuts te ontdek. Jy hoef nie die vorige geleentheid by te gewoon het om hierdie een by te woon nie. Hierdie ontmoetings vind plaas elke Maandag in Februarie van 18:30 – 20:00. Bring jou Bybel, notaboek, pen en geniet dit saam met ons. Sien uit daarna om jou daar te sien.
Kontak asb vir Riaan de Villiers as jy meer inligting verlang riaandev@gmail.com of 0748061880

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam