Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kospakkies vir Kersfees

Ons het vanjaar weer eens die projek herhaal om kospakkies gereed te maak vir gesinne en indiwidue, in van ons Ringsgemeentes. Hierbo is ‘n foto van die kospakkies wat by Maitland se kerkkantoor afgelewer is.

Gemeentes is versoek om mense vooraf te identifiseer, waarna ons 37 kospakkies gereed gemaak het:

  • ACVV 10 gesinne met 7 gesinslede
  • Maitland 5 pakkies wat wissel van gesinne van 5 tot 2 gesinslede
  • Ysterplaat 15 pakkies wat wissel van enkelinge tot 3 gesinslede
  • Eie gemeente: 7 indiwidue

 

Die gedagte is om ‘n kospakkie te maak sodat die persoon/gesin op Kersdag ‘n heerlike maaltyd kan maak. Daar is ‘n verskeidenheid goedere in die pakkie oa, tee, koffie, suiker, melk blikkies kos, vleis, rys, pasta, olie, poeding, koekies, ens. Die pakkies is op die 20ste Desember by die onderskeie kerke en instansies afgelewer of aan indiwidue oorhandig.

Dit is nogal ‘n hele proses om alles te koop en te verpak, maar mens leer mos elke keer en volgende keer sal dit nog makliker gaan. Ons het hierdie jaar byvoorbeeld sakke gekoop omdat ons verlede jaar gevind het dat die dose nie so goed werk nie.

Die dankbaarheid en vreugde op die ontvangers se gesigte, is al die moeite werd. Ons het reeds die eerste dankie-briefie ontvang van twee lidmate van Ysterplaat wat ook genoem het dat hulle ook met ander kon deel.

Baie dankie aan die kerkraad wat die fondse beskikbaar gestel het om ons in staat te stel om met hierdie gebaar die liefde van Jesus tasbaar in mense se lewens te bring.

kos-pakkies-vir-kersfees-image

Projekte vir 2014

Indien jy dalk ‘n projek in gedagte het, kan jy vir Leonie skakel vir ‘n vorm of by die bedieningspunte ‘n vorm neem. Projekte kan groot of klein wees, aksie en gemeentebetrokkeheid is ‘n vereiste, projekte moet verkieslik uit ons gemeente kom, in ons gemeenskap dien en terugvoer word verwag.

Dit is ‘n nuwe jaar met nuwe uitdagings! Ons wil graag ‘n liefdesgemeenskap wees wat dien – help ons hiermee.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam