Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Namibië roep, kom jy saam?

Ons gemeente beplan ons jaarlikse uitreik na mense in nood in Noord-Namibie gedurende die skoolvakansie vanaf 22 Junie 2013 – 6 Julie 2013.

Ons gaan saam met Kunene vir Christus onder leiding van Jacob en Wilma Schoeman, wat reeds 30 jaar in Namibie gevestig is, werk.

Die doel van die uitreik is om aan gemeentelede die geleentheid te bied om buite hul gemaksone te beweeg, en te ervaar wat dit beteken om hul tyd op te offer om ’n verskil in ander mense se lewens te maak. Ons leer meer oor die Herero-kultuur en die sendingwerk wat daar gedoen word.

Dit is ’n kultuurryke belewenis in die Afrika-bos. Ons besoek skole, kerke en tradisionele Krale.  Ons speel speletjies, ondersteun gemeenskapsprojekte en help met fasilitiet-onderhouding, enigiets wat van Jesus se liefde getuig.

Aan die einde van die uitreik besoek ons as span die Etosha Nasionale Park waar ons terugkyk op die uitreik en stories deel oor ons belewenis voor ons huiswaarts keer.

Die koste van die uitreik beloop R1000 per persoon wat vervoer, verblyf en etes insluit

Besoek gerus www.kuneneforchrist.com vir meer inligting.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam