Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Ons het jou hulp nodig om hierdie jaar weer ‘n bejaarde se hart bly te maak!

Oor die afgelope paar jaar loods ons elke jaar ‘n projek waar gemeentelede aan die inwoners van Monte Rosa ‘n Kerspakkie skenk. Baie van ons bejaardes is alleen oor Kersfees met óf geen familie óf met familie ver weg. Vir die inwoners van Monte Rosa is dit die groot hoogtepunt van hulle Kersete en die pakkies word altyd deur “Kersvader” uitgedeel. Vir baie van hulle is dit die enigste Kersgeskenk wat hulle ontvang.

Ons wil graag soos verlede jaar vra dat jy ons hiermee sal help en sal vanaf Sondag 9 November tydens die kollekte briefies uitdeel by Kampsbaai, Groote Kerk en Hartklop. Indien jy graag ‘n pakkie aan ‘n bejaarde wil gee, vra ons dat jy ‘n briefie sal neem. Ons maak staat daarop dat almal wat ‘n briefie neem wel ‘n pakkie gereed sal maak en dit voor 10 Desember by ‘n bedieningspunt of die kerkkantoor sal besorg. Onthou indien jy ‘n briefie neem en nie die pakkie gereed maak nie, sal daar iemand wees wat nie ‘n pakkie ontvang nie

Ons verskaf die instruksies sodat indien jy nie ‘n briefie neem nie ook kan deel in die projek. Skakel asb net vir Leonie (021 422 0569/leonie@grootekerk.org.za) om haar te laat weet dat jy ‘n pakkie gereed maak.

Koop asb gekleurde Woolworths inkopiesak en vul dit met die volgende items:
1kg beskuit (hoef nie tuisgebak te wees nie)
1 waslap (verkieslik nie pienk nie, aangesien die ontvang ‘n man kan wees!)
1 X 500 ml houer aquascream met epizone A (Beskikbaar by apteke)
1 pakkie koekies (enige soort)
1 pakkie suikervrugtelekkers of soortgelyk
Opsioneel: ‘n item van eie keuse (nie-bederfbaar)
‘n kerskaartjie: Skryf bv binne: van ‘n gemeentelid of voeg jou naam by as jy wil.

Bring asseblief die pakkies vanaf 23 November tot 10 Desember terug na die kerk of besorg by die kerkkantoor.

Ons het werklik u hulp nodig om ‘n sukses van die projek te maak. Baie dankie ook aan almal wat verlede jaar en ook reeds by vorige geleenthede hiermee gehelp het, ons waardeer dit opreg.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam