Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

ONS HET JOU NODIG BY TWO OCEANS 2014

Ons het helpers nodig om op Saterdag 19 April 2014, die waterpunt wat by St. James Stasie in Muizenberg geleë sal wees,  te beman.  Skakel 021 422 0569/grootekerk@mweb.co.za indien jy wil help.

  • Almal moet asseblief 5:00 (die oggend) by die Sentrum in Kloof Straat bymekaar kom en dan saam ry om 5:30 by die waterpunt te wees. Die paaie maak 6:00 toe, so wees asseblief stiptelik.
  • Daar is genoeg veilige parkering by die stasie self vir almal.
  • Ons ontvang 25 000 sakkies water, 60 kratte Coke wat in 6000 botteltjies water geskink moet word en dan nog Powerade ook.
  • Die bogenoemde voorraad word 3:15 by die Waterpunt afgelewer, so al die jongemense wat kans sien moet asseblief daar wees sodat ons dit eweredig oor die 150 m van ons waterpunt kan versprei.
  • Ons moet ook asseblief deurlopend probeer skoonmaak (ons sal moontlik ‘n skoonmaakspan moet aanstel)
  • Die eerste atleet kom 7:15 by ons verby
  • Die laaste atleet kom 8:40 by ons verby
  • Dan moet ons skoonmaak, en die doelwit van Two Oceans is om 90% van die gemors te herwin, so ons moet asseblief ons volle samewerking gee hiermee!
  • Ons behoort enigiets van 10:00-11:00 klaar te wees, dan is die paaie ook weer oop.

 

Wat jy moet saambring:

  • Hope en hope GEES en ENTOESIASME (dis die heel belangrikste!!)
  • Enige vorm van LIG vir vroegoggend, miskien sal ‘n koplig die beste werk…
  • ‘n Warmding vir die koel seeluggie
  • Gemaklike skoene
  • Sonbrandroom of ‘n sonhoed
  • Kom met ‘n wit T-hemp, ons gaan daar vir jou ‘n Groote Kerk T-hemp voorsien, maar neem dit na afloop van die  Two Oceans weer in vir toekomstige gebruik.

 

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam