Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Paasnaweek in Groote Kerk

Ons nooi graag die mense van Kaapstad na Groote Kerk se Paasprogram hierdie jaar.

Donderdag 28 Maart om 19:00 word ’n Broodbreek geleentheid as Lydensherinnering in Groote Kerk gehou. Ons onthou Jesus se laaste maal saam met sy dissipels, sy gebed in Getsemane waar hy gevange geneem is, en sy verhoor die aand voor hy gekruisig is. Die aard van die Broodbreek is meditatief, stil en gewyd. Die diens bestaan uit oordenkings en nagmaal, waarna almal in stilte die kerk verlaat.

Goeie Vrydag is daar ’n oggenddiens waartydens daar ook nagmaal bedien sal word in Groote Kerk in om 9:00. Daar sal ook spesiale musiek opvoerings deur onder andere die Groote Kerk Kamerorkes en soliste Elizabeth du Toit en Clarence Anderson, tydens die diens wees.

Opstandingsondag word gevier met trompetmusiek deur Mike Blake tydens die Opstandingsdiens, wat beloof om Jesus se opstanding ‘n feestelike geleentheid te maak. Hierdie diens is om 10:00.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam