Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Two Oceans Marathon

Ons is baie opgewonde om julle mee te deel dat die Two Oceans Marathon vir ons ‘n watertafel toegestaan het! Dit is regtig ‘n wonderlike geleentheid om ons betrokkenheid in Kaapstad te wys, en bewustheid as gemeente in die stad waar ons dien uit te leef.

Ons moet dringend vrywilligers vir die dag vasmaak, sodat ons T-hemde kan laat druk en kan sorg vir verversings ensovoorts. Ons het dus julle hulp nodig om die woord te versprei onder ander gemeentelede, jou vriende en familie. Dit gaan regtig ‘n heerlike dag vol pret en plesier wees. Ons gaan lekker braai, musiek luister en die atlete aanmoedig en versterk met water en Coke.

Die Two Oceans vind Saterdag 30 Maart 2013 plaas, en almal moet 5:30am by die verversingspunt wees (ons sal teen Maandag weet waar dit presies sal wees). Ons kan selfs die aand vooraf lekker saam daar kuier en ‘n mooi uitsig geniet.

Ons moet volgens die Two Oceans bestuur 50 mense hê wat help, so oorweeg dit asseblief om te kom help! Dit is ‘n heerlike familiedag saam met ander gemeentelede om vir ander te wys ons is werklik ‘n Liefdesgemenskap wat Dien.

Kontak die kerkkantoor by 021 422 0569 om jou deelname te bevestig.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam