Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

VAT VYF (MINUTE VIR GEBED!)

Ons het in Desember ‘n voorstel gemaak oor ‘n gebedsambreel vir die gemeente.  Indien jy dit dalk nie gelees het nie, nooi ons jou om  dit in 2014 te doen, sodat ons deur gebed in verbinding kan bly.

Die Vat Vyf Gebedsplan. 

Identifiseer  5 gesinne of persone vir wie jy geroepe voel om te bid.  (Hulle hoef nie probleme te hê nie – almal het gebed nodig!)

As jy nie weet wat om vir hulle te bid nie – gebruik  BLESS.  Dit staan vir –
Body (gesondheid, ouderdom, siekte enigiets ivm dit)
Labour (werk, werksure, werksbevrediging, werk-spanning, enigiets oor werk)
Emosies  (stress,  psigiatriese probleme, angstigheid, vrese, ens.)
Sosiale lewe (huwelik, gesin, vriende, sport, klubs ens)
Spirituele lewe (verhouding met die Here, geestelike groei, kerk-betrokkenheid ens.)

Skryf die name op ‘n paar kaartjies wat jy opsit bv teen ‘n spieël,  by die mikrogolf,  langs die motor se stuurwiel,  agter jou selfoon, voor jou bed,  ensovoorts.
Vra vir die Here wanneer jy na die name kyk vir wie jy moet bid en wat spesifieks vir daardie dag.
Dink dalk aan ‘n spesifieke nuwejaars-gebed vir elkeen van daardie gesinne of persone.
Jy kan of voor die tyd met die mense vir wie jy bid kontak maak en vir hulle noem dat jy vir hulle wil bid of  dit aan hulle meedeel na afloop van die periode dat jy vir hulle gebid het.

Kom ons droom… van ‘n gebedsambreel –  oopgemaak  oor elke lidmaat van die Groote Kerk Kaapstad.
Niemand vir wie daar nie gebid word nie.  Niemand wat nie bid nie.  ‘n Beter Nuwejaarsgeskenk kan mens nie gee of kry nie.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam