Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Wêreldbiddag vir Vroue – 7 Maart 2014

Die tema is deur die Wêreldbiddag komitee van Egipte saamgestel en is ‘Strome in die woestyn’

Wêreldbiddag vir Vroue (WBvV) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christen vroue, mans en kinders wat elke eerste Vrydag in Maart saam ‘n gebedsketting in meer as 170 lande vorm. Die Wêreldbiddag strek oor grense en bind mense uit verskillende rasse, kulture en kerke tot groter onderlinge begrip en toewyding.
Dit bied aan vroue wêreldwyd die geleentheid om:
*opnuut hulle geloof in Jesus Christus te bevestig.
*versterk te word deur die geloofservaringe van Christene uit ander lande en kulture,
*ander se laste te help dra deur saam met hulle, en vir hulle, te bid.

Ons byeenkoms word op Vrydag 7 Maart om 10:00 by die Groote Kerk Sentrum, Kloofstraat 55, gehou. Na afloop van die byeenkoms word almal genooi om heerlik saam tee te drink. Almal welkom!

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam