Jongwerkendes / Studente

Ons is opgewonde oor ons jongewerkende en studentebediening. Ons weet dat hierdie ongelooflik baie jongmense in die stad is en glo dat ons ʼn groot rol in die bediening aan en van jongmense kan speel. Ons jongwerkende bediening is nou gekoppel aan ons Hartklop aanddienste en daar is ʼn magdom maniere hoe jy kan betrokke raak.

Hartklop Eredienste

Ons eredienste is tweetalig (Engels en Afrikaans) in ʼn poging om meer inklusief te wees en ʼn groter gemeenskap jongmense in die stad te bedien. Ons glo dat ons gedryf word deur Jesus se liefde om van daar uit te gaan na alle mense en dat ons deur die Heilige Gees toegerus word. Ons fokus is dus op dissipelskap en onderlinge versorging – ook in die erediens. Lofprysing en aanbidding maak ook ʼn groot deel uit van hierdie dienste. Asook gemeenskap met mekaar.

Raak betrokke: musiek, multimedia, infotafel, logistiek

Gasvryheid

Eredienste is die ʼn geleentheid waar ons as geestelike familie ook net lekker kan saam kuier en feestelik wees. Die doel van gasvryheid is om hierdie feesviering moontlik te maak.

Raak betrokke: verversings, dekor

Uitreike

Ons glo dat die kerk in sy wese missionaal moet wees – met ander woorde na buite gerig. Alle funksies, kommissies en groepe binne die kerk moet spruit vanuit ons missionêre dryfkrag. Ons praat dus ernstig saam oor hoe ons dit as jonger generasie in die stad kan doen.

Raak betrokke: Gaan kyk op ons webtuiste by “gemeenskap” oor hoe jy betrokke kan raak.

Omgeegroepe

Omgeegroepe is kern tot ons jongwerkende bediening. Dit is soos ʼn gekonsentreerde weergawe van ons eredienste – naamlik ʼn spasie vir bou van verhoudings, geestelike groei en uitreik na die gemeenskap. Ons kleingroepe materiaal bou ook verder op die temas en tekste wat in die preke behandel word.

Raak betrokke: Vul die aanlyn vorm in by “omgeegroepe” op ons webtuiste om deel te raak van ʼn omgeegroep.

Sosiaal

As ʼn geloofsgemeenskap kan ons nie verhouding bou as ons nie kwaliteit tyd saam spandeer nie. Ons probeer om een keer in 2 maande of 1 keer per kwartaal saam te kuier. Dis dikwels in ʼn vorm van ʼn braai, maar is oop vir voorstelle oor watter ander saam-kuier geleenthede ons kan hou.

Raak betrokke: Woon ʼn social by en nooi jou vriende. Help ons met idees en reëlings oor wat om volgende te doen.