Junior Jeug

Hoe werk kategese en kinderkerk?

Ons junior jeug kategese val saam met die Kampsbaai diens op ‘n Sondag 10:00. Daar is slegs Kampsbaai dienste en Kinderkerk tydens die skoolkwartaal en nie tydens langnaweke nie.  Kinders kom saam met hulle gesinne kerk toe waar ons in die erediens saam aanbid, inleidend gesels oor die tema en saam dankoffers opneem. Indien daar doop of nagmaal is, het die kinders ook deel aan daardie geleentheid. Daarna, gaan hulle saam met hul groepleiers uit waar hul dan op ʼn praktiese manier dieselfde boodskap wat in die kerk gepreek word, gaan hoor.

Daar is tans die volgende groepe:

  • Voorskool
  • Gr 1 – 3
  • Gr 4 – 6

Indien jy kans sien om een of twee keer per maand ʼn spesifieke groepie aan te bied (met al die materiaal wat voorsien word), kontak asb. vir Marietjie.

En wat is Huisgeloof?

Ons glo werklik in die waarde van geloofsgroei by die huis en ons glo dat die kerk ouers of voogde hierin kan ondersteun. Die eerste gedeelte van ons erediens word juis so saamgestel dat ouers bemagtig word om gesprekke met hulle kinders te voer. Op hierdie manier oefen hulle sommer om verder by die huis ook te gaan gesels. Indien gesinne ʼn erediens gemis het, is hulle welkom om ons te kontak vir die week se ontmoeting sodat kinders deel van die proses bly by die huis.

Indien jy hierdie inligting wil ontvang via whatsapp, is jy welkom om Marietjie te kontak of om die kategese registrasie vorm in te vul wat jou toegang tot al die nodige inligting sal gee.

Kampe

Verhoudings is ʼn besonderse waardevolle manier om Jesus te deel met kinders, en kampe is wonderlik om daardie verhoudings te bou. Ons kamp jaarliks saam met ander gemeentes uit ons ring by die Noordhoek kampterrein. Hier speel en lag en leer ons. Ons doen veral moeite om verhoudings te bou sodat wanneer almal weer terug is by die kerk dit vir hulle ʼn vriendelike, toeganklike ruimte is.

Speletjiesaande

Pret en plesier is ʼn wonderlike manier om kinders betrokke te kry by die kerk en om geleenthede te skep waar hulle hul maatjies kan saamnooi. Kwartaallikse speletjiesaande by die Kloofstraat sentrum, is definitief waarna ons uitsien wanneer ons weer mag.

Kerssangdiens

Ons jaarlikse kerssangdiens en kersspel is ʼn groot hoogtepunt en baie lekker manier om ons jaar mee af te sluit.

Kategese / Kinderkerk inskrywingsvorm

    Kind se Van:
    Kind se Doopname:
    Kind se Noemnaam:

    Graad: Geslag: Seundogter

    Verjaarsdag (dd/mm/jjjj):

    Doop datum (dd/mm/jjjj): Doop gemeente:

    Ouer 1 / Voog se naam & van: Ouer 1 / Voog selnr: Ouer 1 / Voog e-pos adres:

    Ouer 2 / Voog se naam & van: Ouer 2 / Voog selnr: Ouer 2 / Voog e-pos adres:

    Kan ons jou voeg op ‘n slegs-admin Whatsapp groepie sodat jy relevante inligting in verband met Kampsbaai en Kinderkerk kan ontvang? JaNee

    Is julle lidmate van die Groote Kerk: JaNee
    Indien "nee", kan ons vir jou 'n vorm aanstuur? (nie verpligtend)JaNee

    Susters / Broers naam & van: Graad:

    Toestemming van ouer/voog:
    Hiermee gee ek, ouer/voog van bg., toestemming dat hierdie gemeente my kind(ers) se inligting soos hier voorsien mag stoor in hulle Winkerk program en ander jeug databasisse vir solank soos die gemeente en/of sinode die inligting benodig.

    Toestemming om elektroniese kommunikasie te ontvang.