Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kategese trek ’n nuwe baadjie aan

Ons het ‘n baie interessante nuwe kategese-konsep wat ons wil gebruik vir ons kategese, genaamd Kontak Kategese.

Dit is verfrissend nuut en interaktief en kan werklikwaar ;n reuse verskil maak in die kinders in ons bediening se lewe.

Indien ons dit wil implimenteer moet ons egter ‘n opleidingsessie vir al die kategete en voornemende kategete hou. Dié sessies is gereël vir Woensdag 6 Maart en Woensdag 13 Maart vanaf 18:00 – 21:00. Albei sessies moet bygewoon word, want dit volg op mekaar.

Ons weet dit is nie ideaal om ses ure van julle reeds besige programme wegneem nie, maar vra tog dat julle jul bes sal doen om dit by te woon.

Indien jy nog nie kategese gee nie, lank terug betrokke was, of al daaraan gedink het om kategese te gee, is dit ‘n wonderlike geleentheid vir nuwe of (ou) kategete om dié nuwe en vars opleiding te ontvang.

Laat weet so gou as moontlik vir Riaan de Villiers by riaandev@gmail.com of jy daar kan wees, aangesien daar koste by betrokke is en ek die getalle moet deurgee.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam