Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

KERMIS – 25 OKTOBER

Eerskomende Saterdag 25 Oktoberhou ons kermis by Kloostraat 55. Ons skop af om 09:00 en nooi almal om die dag saam met ons te kom geniet. Soos met alle kermisse neem die eetgoed die grootste gedeelte van die kermis op. Daar sal heerlike eetgoed van pannekoek tot poeding te koop wees asook ons jaarlikse potjiekos wat vanaf ongeveer 11:15 bedien sal word en ook weggeneem kan word. Daar is onder andere skaapskenkel, hoender, waterblommetjies, beesvleis in rooiwyn, en afval. Kaartjies kan vooraf by die kantoor aangekoop word,maar ook by die kontantafel by die kermis @ R60 per persoon. Daar sal ook weer van die tonggereg te koop wees. Die potjies klink hemels en almal weet reeds die tong is hemels, so moenie te lank wag nie anders is alles uitverkoop!

Vir ontbyt het ons heerlike brekfisrolle – moenie by die huis ontbyt nuttig nie, kom geniet jou ontbyt by die kermis. Tee, koffie, wyn, bier sal by Emily’s te koop wees en die dames sal ook weer op hulle pos wees met die gewilde sjampanjetafel.

Die mini-wynveiling sal ongeveer 11:30 afskop. Kom vul gerus jou wynvoorraad aan met ‘n paar interessante wyne.

Bydraes vir die verskillende tafels kan by die kerkkantoor afgegee word. Saterdag kan jy dit sommer direk na die tafel neem.

Indien jou wyksouderling of -diaken nog nie kontak gemaak het nie, kan jy jou donasie elektronies inbetaal of in die kollektebordjie plaas. (NG Kerk Kaapstad, ABSA, tak 312 109, rek no 360 580 032).

PARKERING AGTER JAN VAN RIEBEECK LAERSKOOL (INGANG KLOOFNEKWEG)

SIEN JOU DV SATERDAG BY DIE KERMIS. MOET DIT NIE MISLOOP NIE EN BRING DIE KINDERS SAAM – ONS HET VERMAAK VIR HULLE GEREĆ«L.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam