Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Jou Week In Groote Kerk, 15 Maart 2020

Nuusbrief, Sondag 15 Maart 2020...

Read More

Kerspakkies laat harte warm klop!

Oor die afgelope paar jaar loods ons elke jaar ‘n projek waar gemeentelede aan die inwoners van Monte Rosa ‘n Kerspakkie skenk. Baie van ons bejaardes is alleen oor Kersfees met óf geen familie óf met familie ver weg.  Vir die inwoners van Monte Rosa is dit die groot hoogtepunt van hulle Kersete en die pakkies word altyd deur “Kersvader” uitgedeel.  Vir baie van hulle is dit die enigste Kersgeskenk wat hulle ontvang.

Ons wil graag soos verlede jaar vra dat jy ons hiermee sal help en sal weer by Kampsbaai en Groote Kerk koeverte verskaf met die inligting aangaande die inhoud van die pakkies.

Ons verskaf solank die instruksies sodat jy by voorbaat voorbereidings kan tref.  Daar is byvoorbeeld elke jaar ‘n tekort aan sakke by Woollies as ons almal daar toesak vir ‘n inkopiesak.  Jy kan dus solank die sak en van die items soos die room en waslappie aanskaf sodat jy nie jou begroting oorskrei nie.

Koop asb gekleurde Woolworths inkopiesak en vul dit met die volgende items:

1kg beskuit (hoef nie tuisgebak te wees nie)

1 waslap (verkieslik nie pienk nie, aangesien die ontvang ‘n man kan wees!)

1 X 500 ml houer aquascream met epizone A (Beskikbaar by apteke)

1 pakkie koekies (enige soort)

1 pakkie suikervrugtelekkers of soortgelyk

Opsioneel:  ‘n item van eie keuse (nie-bederfbaar)

‘n kerskaartjie:  Skryf bv binne:  van ‘n gemeentelid of voeg jou naam by as jy wil
Bring asseblief die pakkies teen vanaf 25 November tot 10 Desember terug na die kerk of besorg by die kerkkantoor.

Ons het werklik u hulp nodig om ‘n sukses van die projek te maak.  Baie dankie ook aan almal wat verlede jaar en ook reeds by vorige geleenthede hiermee gehelp het, ons waardeer dit opreg.

Deel

Facebook Twitter Email


Deel

Facebook Twitter Email

Nuusbrief

Sluit aan by ons weeklikse e-pos.

    Gesels saam